settings icon
share icon
Vraag

Beteken dit letterlik 24 ure in ‘n dag in Genesis 1?

Antwoord


‘n Noukeurige ondersoek na die betekenis van die Hebreeuse woord vir “dag” en die konteks waarin dit in Genesis voorkom, sal nodig wees om te bepaal of dit letterlik ‘n 24-uur tydsperiode sou wees. Die Hebreeuse word “yom”, in Engels vertaal as “dag”, kan meer as een ding beteken. Dit kan na die 24-uur periode van tyd verwys wat dit vir die aarde neem om sy eie as te roteer (bv. “daar is 24 uur in ‘n dag”). Dit kan verwys na die periode van daglig tussen dagbreek en skemer (bv. “Dit word baie warm gedurende die dag, maar koel ‘n bietjie saans af”). Dit kan ook na ‘n ongespesifiseerde periode van tyd verwys ( bv. “terug in die dae van my oupa…”). Dit is gebruik vir ‘n 24-uur periode in Gen 7:11. Dit is gebruik om te verwys na die periode van daglig tussen dagbreek en skemer in Gen 1:16 en dit is gebruik om te verwys na ‘n ongespesifiseerde tydsperiode in Gen 2:4. Dus, wat beteken dit in Gen 1:3-22 waar dit in verband met rangtelwoorde gebruik word (bv. Die eerste dag, die tweede dag, die derde dag, die vierde dag, die vyfde dag, die sesde dag en die sewende dag)? Is hierdie 24-uur periodes of iets anders? Sou “yom” hier gebruik word in verband met ‘n ongespesifiseerde tydsperiode?

Ons kan bepaal hoe “yom” in Gen 1 verstaan kan word deur net eenvoudig die konteks waarin die word voorkom, te ondersoek en dit dan vergelyk met ander gebruike in die Skrif. Deur dit te doen, gee die Skrif eie interpretasie daaraan. “Yom” word 2301 keer in die Ou Testament gebruik. Behalwe in Gen 1, dui “yom” plus ‘n getal (410 keer gebruik) altyd ‘n gewone dag aan, dus ‘n 24-uur periode. Die woorde “aand” en “more” saam (38 keer) dui altyd ‘n gewone dag aan. “Yom” + “aand” of “more” (23 keer) dui altyd ‘n gewone dag aan. “Yom” + “nag” (52 keer) dui altyd ‘n gewone dag aan.

Die konteks waarin die woord “yom” in Gen 1 gebruik word, beskryf elke dag as “die aand en die more”. Dit maak dit baie duidelik dat die outeur van Genesis 24-uur periodes bedoel. Die verwysings na “aand” en “more” maak nie sin nie, tensy hulle na letterlik ‘n 24-uur dag verwys. Dit was die standaard- interpretasie van die dae in Gen 1 tot die 1800’s toe ‘n paradigmaskuif plaasgevind het binne die wetenskaplike ruimte en die aarde se sedimentêre lae herbeskryf is. Voorheen was die rotslae bekend as bewyse van Noag se vloed, maar is toe later beskryf as bewyse van ‘n buitensporige ou aarde. Sommige goedbedoelde, maar erg misleidende Christene het toe hierdie nuwe anti-vloed, anti-bybelse interpretasie gebruik om die Genesis-verklaring te versoen deur “yom” te herbeskryf as eindelose, onspesifieke tydsperiodes.

Die waarheid is dat baie van die interpretasies van die ou aarde gebaseer is op foutiewe veronderstellings, maar ons moenie dat die koppige, geslote denkwyse van die wetenskaplikes ons beïnvloed hoe ons die Bybel moet lees nie. Na aanleiding van Eksodus 20:9-11, het God letterlik ses dae gebruik om die aarde te skep, om sodoende as voorbeeld van ‘n werksweek vir die mens te dien: werk ses dae, rus een dag. God kon sekerlik alles binne een oomblik geskep het, as Hy wou. Dit is egter duidelik dat Hy ons in gedagte gehad het, reeds voordat Hy ons geskep het (op die sesde dag) en wou ‘n voorbeeld vir ons voorsien, om na te volg.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Beteken dit letterlik 24 ure in ‘n dag in Genesis 1?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries