settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bybel se siening oor genadedood/geassisteerde selfmoord?

Antwoord


Genadedood of “genademoord” kan ‘n omstrede saak wees. Aan die een kant, wil ons nie ‘n persoon se lewe in eie hande neem en dit vroegtydig beëindig nie. Aan die ander kant wil ons nie die sterwensproses meer verleng as wat nodig is nie – met ander woorde, ons wil lewe behou, maar nie die dood uitrek nie. Op watter stadium wil ons toelaat dat ‘n persoon sterf en geen verdere stappe neem om sy/haar lewe te verleng nie?

‘n Verwante saak is dié van geassisteerde selfmoord. ‘n Persoon wat dit soek, wil die genadedood op homself toepas, met die hulp van iemand anders, om te verseker die dood is vinnig en pynloos. Die persoon wat die selfmoord ondersteun, doen die voorbereidings en voorsien die nodige toerusting; maar die persoon wat die dood soek, is die een wat eintlik die proses voorgestel het. Deur ‘n “hande tuis”-houding teenoor die dood in te neem, probeer die fasiliteerder om ‘n aanklag van moord te vermy. Medewerkers in hierdie geval probeer om vry te kom deur terme soos “sterf met waardigheid” te gebruik, maar dit bly steeds “dood”, want geassisteerde selfmoord bly steeds selfmoord en dit is verkeerd.

Ons lewe soms in ‘n “sterwenskultuur”. Aborsie in opdrag, word al dekades lank toegepas. Nou, sommige is ernstige voorstanders van kindermoord, terwyl genadedood aangemoedig word as ‘n lewensvatbare manier om verskeie sosiale en finansiële probleme op te los. Om op hierdie manier op die dood te fokus as ‘n antwoord op die wêreld se probleme, is totaal die omgekeerde van hoe die Bybel dit sien. Die dood is ‘n vyand (1 Kor 15:26). Die lewe is ‘n heilige geskenk van God (Gen 2:7). Toe Israel tussen lewe en dood kon kies, het God aan hul gesê “Kies die lewe” (Deut 30:19). Genadedood verag die geskenk en omarm die vloek.

Die oorweldigende waarheid dat God soewerein is, bring ons by die slotsom uit, dat genadedood en geassisteerde selfmoord verkeerd is. Ons weet dat fisiese dood vir ons as sterflinge onvermydelik is (Ps 89:48; Hebr 9:27). God alleen is soewerein, oor wanneer en hoe ‘n persoon se dood gebeur. In Job 30:23 sê Job, “Ek weet dat U my bestem vir die dood, die plek waar alle mense saamkom.” Prediker 8:8 verklaar, “Niemand het die mag om die wind te stuit nie; niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie.” God het die finale seggenskap oor die dood (1 Kor 15:26, 54-56; Hebr 2:9, 14-15; Open 21:4). Genadedood en geassisteerde selfmoord is die mens se pogings om God se outoriteit toe te eien. Die dood is ‘n natuurlike gebeurtenis. Soms laat God toe dat ‘n persoon lank ly voordat die dood intree; soms word die lyding kortgeknip. Niemand geniet lyding nie, maar dit maak dit nie reg om te besluit wanneer iemand moet sterwe nie. Dikwels word God se doel deur lyding bekendgemaak. “Wees bly op die dag van voorspoed en as daar ‘n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie (Pred 7:14). Rom 5:13 leer ons dat swaarkry volharding kweek. God gee om vir diegene wat uitroep om te sterf en wens om hul lyding te beëindi, maar God gee tot die einde toe sin aan die lewe. Net God weet wat die beste is en Sy tydsberekening, selfs vir die dood, is volmaak.

Ons moet nooit voortydig ‘n lewe wil beëindig nie, maar ons moet ook nie buitengewoon ver gaan om die lewe te behou nie. Om aktief die dood te verhaas, is verkeerd; om passief behandeling te weerhou, kan ookverkeerd wees, maar om die dood natuurlik by ‘n terminale siek person toe te laat, is nie noodwendig verkeerd nie. Enigeen wat so ‘n situasie in die gesig staar, moet vir God om wysheid bid (Jakobus 1:5). Ons moet almal die woorde van die voormalige chirurg, Generaal C, Everett Koop, onthou, wat gewaarsku het dat die mediese praktyk “cannot be both our healer and our killer” (KOOP, The Memoirs of America’s Family Doctor by C Everett Koop, M.D., Random House, 1991).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bybel se siening oor genadedood/geassisteerde selfmoord?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries