settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dat die Bybel geinspireer is?

Antwoord


Wanneer mense sê die Bybel is geinspireerd dan beteken dit dat God die menslike skywers van die Heilige Skrif, geestelike beinvloed het sodat dit die Woord van God is. In die Heilige Skrif word die woord “inspireer” verwys as deur ”God-ingeblaas”. Inspirasie beteken dus dat die Bybel die werklike Woord van God is en maak dus die Bybel uniek teenoor alle ander boeke.

Daar bestaan verskeie sieninge oor die omvang of tot watter mate die Bybel geinspireer was, maar ons moet in gedagte hou dat die Bybel self eis dat elke woord in elke gedeelte van God kom (1 Korintiërs 2:12-13); 2 Timoteus 3:16-17). Met hierdie siening word daar na “volkome woordelike” inspirasie gepraat. Dit beteken dat die omvang van die inspirasie strek tot elke woord (in sy eie reg) – nie net die konsep of oorsig nie – en dat dit strek tot alle dele van die Skrif asook onderwerp saak van die Skrif (volkome). Party mense glo dat net sekere gedeeltes van die Bybel geinspireer was of dat dit slegs sekere gedagtegang of konsepte wat met geloof te doen het wat geinspireer was. Hierdie sieninge is nie skriftuurlik nie en verwerp die Bybel se eis oor homself. Ten volle volkome woordelike inspirasie is ‘n noodsaaklike karakteristiek van die Woord van God.

Die omvang van die inspirasie word duidelik in 2 Timoteus 3:16 weerspiël, “Die hele Skrif is deur God geinspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ‘n regte leefstyl”. Hierdie vers vertel ons dat God alle Skrif geinspireer het en dat ons baat daaruit vind. Dit is nie slegs gedeeltes van die Bybel wat handel oor geloofssake wat geinspireer is nie, maar dit is elke woord van Genesis tot Openbaring. Omrede dit deur God geinspireer is, is die Skrif dus gesaghebbend wanneer dit kom by leerstelling of dogma van geloof, en is dit ook voldoende om mense te leer hoe in verhouding met God te lewe. Die Bybel eis nie net inspirasie deur God, maar ook hoe dit ons bo-natuurlik kan verander en ons “volkome” te maak. Wat meer het ons nodig?

‘n Ander vers wat ook handel oor inspirasie is 2 Petrus 1:21. Hierdie vers help ons om te verstaan dat alhoewel God mense gebruik het met kenmerklike persoonlikhede en spesifieke skryfwyses, dat Hy nog steeds elke woord wat hulle geskryf het, geinspireer het. Jesus het self die volkome woordelike inspirasie erken toe Hy gesê het, “Julle moenie die rede vir my koms misverstaan nie. Ek het nie gekom om ‘n streep deur die wet of die profete te trek nie. Nee, Ek het gekom om die ware bedoelinge van God se wet te laat uitkom. Ek verseker julle, al sou die hemel en aarde ophou bestaan, sal die wet defnitief tot in sy fynste detail geldig bly. Ja, dit sal geldig bly totdat God se bedoelinge daarmee bereik is” (Matteus 5:17-18). In hierdie twee verse versterk Jesus die Skrif se akkuraatheid tot die kleinste detail en eenvoudigste leesteken, want dit is die werklike Woord van God.

Omrede die Heilige Skrif die geinspireerde Woord van God is kan ons tot die gevolgtrekking kom dat dit onfeilbaar en gesaghebbend is. Die korrekte siening tot God sal ons lei na die korrekte siening van Sy Woord. Net soos God almagtig, alwettend en perfek is, besit Sy Woord dieselfde eienskappe. Dieselfde verse wat die Skrif as geinspireerd staaf, staaf net so ook dat dit onfeilbaar en gesaghebbend is. Sonder enige twyfel is die Bybel presies dit wat die Bybel self eis – die ontwisbare, gesaghebbende Woord van God aan mens.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dat die Bybel geinspireer is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries