settings icon
share icon
Vraag

Is die Bybel nog steeds toepaslik vandag?

Antwoord


Hebreërs 4:12 sê, “Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as die ontleedmes van ‘n chirug. Dit sny diep tot binne-in ons innerlike wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop”. Alhoewel die Bybel 1900 jaar gelede voltooi was, is die akkuraatheid en toepaslikheid tot vandag toe onveranderd. Die Bybel is die enigste objektiewe bron van God se openbaarmaking van Homself en Sy plan vir mensdom.

Die Bybel bevat belangrike informasie oor die natuurlike wereld wat deur wetenskaplike waarneming en navorsing bevestig is. Gedeeltes wat hierna verwys word gevind in Levitikus 17:11; Prediker 1:6-7 ; Job 36:27-29; Psalms 102:25-27 en Kolossense 1:16-27. Soos die Bybel die verhaal van God se verlossings plan met ons deel, word ons bewus van al die verskillende karakters deurdat hulle baie duidelik beskryf word. Ons word deur hierdie beskrywings bewus gemaak van al die verskillende menslike gedrags patrone en menslike neigings. Ons eie dag tot dag ervarings wys dan vir ons dat hierdie informasie in die Bybel baie meer akkruraat en behulpsaam is as enige sielkundige teksboek. Baie historiese feite wat in die Bybel aangeteken is, word ook deur bronne buite die Bybel bevestig. Historiese navorsing vind gereeld dat die Bybel se verklaring van gebeurtenisse ooreenstem met bronne buite die Bybel.

Ons moet net onthou dat die Bybel nie ‘n historiese boek, of ‘n sielkundige boek, of ‘n wetenskaplike boek is nie. Die Bybel is God se beskrywing van wie Hy is, wat Sy wil is en wat Sy plan is met mensdom. Die mees belangrikste openbaarmaking in die Bybel is die verduideliking dat mensdom deur sonde van God afgesny is, maar dit vertel ons ook dat God voorsiening maak vir die herstel van ons verhouding met Hom deur die offer van Sy Seun, Jesus Christus, aan die kruis. Ons behoefte vir verlossing het nie verander nie, net so verander God se begeerte om ons met Homself te verenig nooit nie.

Die Bybel bevat akkurate en relevante informasie. Die Bybel se belangrikste boodskap is – verlossing (redding) – en is algeheel en lewenslank toepaslik vir alle mense. God se Woord sal nooit verval, of kan vervang word nie, of kan daarop verbeter word nie. Kulture verander, wette verander, generasies kom en gaan, maar God se Woord is netso relevant vandag as toe wanneer dit geskryf was. Nie alle geskrifte is noodwendig direk en uitdruklik van toepassing nie, maar alle geskrifte is waar en kan, of liewers moet, gebruik word in hoe ons, ons lewe lei.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Bybel nog steeds toepaslik vandag?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries