settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Bybel se siening in verband met verassing? Moet Christene veras word?

Antwoord


Die Bybel praat nie spesifiek oor verassing nie, maar in die Ou Testament is daar gebeurtenisse waar mense dood gebrand het (1 Kon 16:18; 2 kon 21:6) en van menslike gebeendere wat gebrand het (2Kon 23:16-20), maar hierdie is nie voorbeelde van verassing nie. In 2 Kon 23 :16-20 is dit interessant om te lees, dat deur menslike gebeentes op die altaar te verbrand, sodanige altaar dan ontwy word. Die Ou Testamentiese wet gee nêrens opdrag dat ‘n gestorwe liggaam nie verbrand mag word nie en terselfdertyd plaas dit ook geen vloek of oordeel op iemand wat veras is nie.

Verassing is in Bybelse tye toegepas, maar dit was nie algemeen deur Israeliete of deur Nuwe Testamentiese gelowiges gebruik nie. In die kulture van die Bybelse tye was die algemeenste maniere om van ‘n menslike liggaam ontslae te raak, deur dit in ‘n graf, ‘n grot of in die grond te begrawe (Gen 23:19; 35:8; 2 Kron 16:14; Matt 27:60-66). Aangesien begrafnis die algemene gebruik was, noem die Bybel nêrens dat dit die enigste manier was nie.

Is verassing iets wat ‘n Christen kan oorweeg? Daar is geen duidelike Skriftuurlike bevel daarteen nie. Sommige gelowiges meen dat verassing nie erken dat God eendag ons liggame gaan opwek en met ons siel/gees gaan verenig nie(1 Kor 15:35-58; 1 Tess 4:16). Tog maak verassing dit nie vir God enigsins moeilik om die liggaam weer op te wek nie. Die liggame van Christene wat ‘n duisend jaar gelede gesterf het, se liggame is nou volkome stof. Dit verhoed ook nie dat God hul weer opwek nie. Hy het hul tog in die eerste plek geskep en sal dus geen probleem ondervind om hul weer op te wek nie. Verassing bespoedig maar net die proses om die liggaam in stof om te sit. God kan iemand wat veras is, se oorskot opwek, sowel as die oorskot van iemand wat nie veras is nie. Die vraag oor begrafnis of verassing is binne die raamwerk van ‘n Christen, ‘n saak van vryheid. ‘n Persoon of familie wat hierdie stappe oorweeg, moet vir wysheid bid (Jakobus 1:5) en die oortuiging wat daaruit vloei, volg.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Bybel se siening in verband met verassing? Moet Christene veras word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries