settings icon
share icon
Vraag

Wat is die nut van die Christelike doop?

Antwoord


Die Christelike doop, volgens die Bybel, is ‘n uiterlike getuienis van wat binne ‘n gelowige se lewe plaasgevind het. Die Christelike doop illustreer ‘n gelowige se identifikasie met Christus se dood, begrafnis en opstanding. Die Bybel verklaar, “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die dood is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei” (Romeine 6:3-4). In die Christelike doop, roep die handeling van om in water onderdompel te word, beelde op van hoe dit is om met Christus begrawe te wees. Die handeling van uit die water kom, stel Christus se opstanding voor.

In die Christelike doop, is daar twee vereistes wat nagekom behoort te word, voordat ‘n Christen gedoop kan word: (1) die persoon wat gedoop word moet op Jesus Christus as sy Verlosser vertrou, en (2) die persoon moet verstaan wat presies die doop inhou. Indien iemand Jesus Christus as sy Verlosser erken, behoort sodanige Christen te verstaan dat die Christelike doop ‘n stap van gehoorsaamheid is deurdat Hy sy geloof in Christus openlik verklaar en daarna hunker om ook gedoop te word – dan is daar geen rede waarom die gelowige verhinder moet word om ook gedoop te word nie. Volgens die Bybel, is die Christelike doop eenvoudig ‘n stap van gehoorsaamheid, ‘n openbare aankondiging van ‘n mens se geloof in Christus alleen vir sy verlossing. Die Christelike doop is belangrik aangesien dit ‘n stap van gehoorsaamheid is – om jou geloof in Christus, sowel as jou toewyding aan Hom openlik te verklaar en sodoende met Christus se dood, sy begrafnis en sy opstanding te identifiseer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die nut van die Christelike doop?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries