settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor hoe om ‘n Christen moeder te wees?

Antwoord


Om ‘n moeder te wees is ‘n baie belangrike rol wat God gekies het om aan baie vrouens te gee. ‘n Christen moeder moet haar kinders liefhê (Titus 2:4-5), sodat sy geen verwyte sal hê nie en daardeur seker te maak dat God se Woord nooit in diskrediet bring sal nie.

Kinders is ‘n gawe van God (Psalm 127:3-5). In Titus 2:4 word die Griekse woord philoteknos gebruik hoe moeders hul kinders moet liefhê. Hierdie woord verduidelik daardie spesiale “moederlike liefde”. Die idee wat van hierdie woord kom gaan oor omgee, versorging, liefdevolle benadering, bevrediging van behoeftes en om elke kind te sien as ‘n spesiale geskenk van God.

Verskeie dinge word van Christen moeders verwag: -

Toeganklikheid – ogend, middag en aand (Deuternomium 6:6-7).

Betrokkenheid – interaksie, bespreking en die proses van die lewe (Effesiers 6:4)

Onderig – God se Woord en die Bybelse siening van die wereld (Psalm 78:5-6; Deuternomium 4:10; Effesiers 6:4)

Opleiding – help on die kind se bekwaamheid te ontwikkel en sy goeie eienskappe te erken en te verbeter (Spreuke 22:6) asook die ontwikkeling van die kind se geestelike gawes (Romeine 12:3-8 en 1 Korintiers 12).

Dissipline – dat God gevrees moet word, om ‘n konstante lewe te lewe, liefdevol en standvastig (Effesiers 6:4; Hebreërs 12:5-11; Spreuke 13:24; 19:18; 22:15; 23:13-14; 29:15-17).

Versorg – konstante beskikbaarheid, vryheid om wel te kan faal, aanvaarding en onvoorwaardelike liefde (Titus 2:4; 2 Timoteus 1:7; Effesiers 4:29-32; 5:1-2; Galasiers 5:22; 1 Petrus 3:8-9).

Die vorming van integriteit – lewe wat jy sê, om ‘n voorbeeld te stel vir die kind deur ‘n godelike lewe te lei (Deuternomium 4:9; 15; 23; Spreuke 10:9; 11:3; Psalm 37:18, 37).

Die Bybel se nêrens dat elke vrou ‘n moeder sal wees nie. Dit sê wel dat die wat God kies om moeders te wees moet die verantwoordelikheid ernstig opneem. Moeders het ‘n unieke rol in die lewens van hulle kinders. Moederskap moet nooit as ‘n moeilike of harde werk gesien word nie. Net soos ‘n moeder die kind tydens swangerskap versorg en omgee behoort dit ook so te wees tydens die kind se lewe, maak nie saak of dit nou tydens tienerskap of volwasse tydperke is nie. Terwyl moederskap wel verander en ontwikkel moet die basis van liefde, versorging en ondersteuning nooit verander nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor hoe om ‘n Christen moeder te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries