settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Christelike siening omtrent spiritistiese mediums?

Antwoord


Die Bybel veroordeel spiritisme, mediums, die okkulte, en waarsêery ten sterkste (Levitikus 20:27; Deuteronomium 18:10-13). Sterrewiggelary, tarokkaarte, astrologie, fortuinvertellers, handpalmlesers en die oproep van geeste val ook in hierdie kategorie. Hierdie onheilige praktyke is gebasseer op die veronderstelling dat daar gode, geeste of afgestorwe geliefdes is wat advies en leiding kan gee. Hierdie “gode” of “geeste” is demone (2 Korinthiers 11:14-15). Die Bybel gee ons geen rede om te glo dat ‘n afgestorwe geliefde met ons in verbinding kan tree nie. As hulle gelowiges was, is hulle in die hemel waar hulle die mees wonderlikste plek denkbaar geniet in gemeenskap met ‘n liefdevolle God. As hulle nie gelowiges was nie, is hulle in die hel, waar hulle die nimmereindigende foltering deurmaak omdat hulle God se liefde verwerp het en teen Hom gerebelleer het.

As afgestorwe geliefdes ons nie kan kontak nie, hoe kry mediums, spiritiste, en fortuinvertellers sulke akkurate inligting? Baie spiritiste was al as bedrieërs ontmasker. Dit is bewys dat spiritiste ‘n groot aantal inligting omtrent ‘n persoon op doodgewone wyse kan bekom. Deur partykeer net ‘n telefoonnommer en internetsoektog te gebruik, kan ‘n spiritis name, adresse, geboortedatums, troudatums, familielede, ens. opspoor. Maar dit is soms onverklaarbaar dat spiritiste dinge weet wat hulle nie veronderstel is om te weet nie. Waar kry hulle hierdie inligting? Die antwoord is vanaf Satan en sy demone. “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Korinthiers 11:14-15). Handelinge 16:16-18 vertel van ‘n fortuinvertelster wat die toekoms kon voorspel totdat Paulus die demoon uit haar verwilder het.

Satan gee voor om welwillend en behulpsaam te wees. Hy probeer om as iets goeds voor te kom. Satan en sy demone sal spiritistiese inligting omtrent ‘n persoon verskaf net om hom in die web van spiritisme vas te vang, iets wat God verbied. Dit blyk onskuldig aan die begin te wees, maar spoedig kan mense hulleself verslaaf vind aan spiritisme en onwetend vir Satan toelaat om hulle lewens te beheer en te verwoes. Petrus het gesê, “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8). In sommige gevalle is die spiritiste self mislei, en weet hulle nie wie die bron van die inligting is wat hulle ontvang nie. Hoe dit ook al sy, en waarvandaan die bron van inligting ook al kom, niks wat met spiritisme, heksery, of astrologie verband hou, is ‘n godvrugtige manier om inligting te vind nie. Hoe wil God hê dat ons Sy wil vir ons lewens moet onderskei? God se plan is eenvoudig, maar kragtig en effektief: bestudeer die Bybel (2 Timotheus 3:16-17) en bid vir wysheid (Jakobus 1:5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Christelike siening omtrent spiritistiese mediums?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries