settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor Christen vaders?

Antwoord


Die grootste gebod in Skrif is hierdie, “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag” (Deuteronomium 6:5). Indien ons ook na verse 2 kyk dan lees ons, “So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê”. In vers 6 lees dan sien ons die volgende, “Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan” ook vers 7.

Die Israelse geskiedenis toon verder aan dat die pa sy kinders gereed inlig oor God en hulle onderig ten hul eie voordeel, geestelike ontwikkeling en persoonlike welvaart. Ons weet dat die vaders wat God se gebooie gehoorsaam het, het hierdie onderig getrou nagekom. Dit bring ons nou by Spreuke 22:6, “Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie”. Hierdie “leiding” is wat ‘n vader en/of moeder doen in die vroeë jare van elke kind. Dit gee leiding en rigting watter soort lewe die kind moet volg en vorm ook ‘n basis vir elke kind.

Efesiers 6:4 gee ‘n opsomming van instruksies aan die vader, dit word aangetoon in die negatiewe sowel as die positiewe. “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil”. Die negatiewe in hierdie vers stel dit dat vaders nie negatiewe houdings tot hul kinders moet bring deur te streng te wees, of eensydig te wees, of om onregverdig te wees en sy outoriteit te misbruik. Om te hard en onredelik met ‘n kind te wees skep net slegte en verkeerde emosies in die hart. Die volgende tiepe optrede kom van ‘n verkeerde gees en foutiewelike optrede - hardheid, barsheid, onredelike strengheid, wrede versoeke, onsinnige beperkings en diktator tiepe outoriteit. Sulke optredes wek net negatiewe reaksies, dit versmoor ‘n kind se liefde, verminder ‘n kind se behoefte aan heiligheid en laat die kind voel dat niks sy ouers sal tevrede stel nie. ‘n Wyse ouer soek na maniere hoe gehoorsaamheid nagestreef sal word, en doen dit in liefde en sagtheid.

Die positiewe van Efesiers 6:4 is ‘n benadering en aanwysing - om die kind mooi te onderig en sy handelinge te ontwikkel deur gebruik te maak van God se vermaning hoe om ‘n volkome lewe te lei en verduidelik die hele proses van onderig en dissipline. Die woord “vermaning” beteken dat dit die kind herhinder word van foute (konstruktief) en verpligtinge wat nagekom moet word (verantwoordelikheid).

Die Christen pa is eintlik ‘n instrument van God se hand. Die hele proses van instruksie en dissipline moet in lyn wees met wat God verwag van ons, Sy Woord wys hoe Hy met die mens hanteer en wat Hy van ons verwag. Die menslike vader moet homself nooit sien as die uiteindelike autoriteit nie, net God kan daardie posisie eien. Ons moet ook besef dit is slegs wanneer God as ons Leermeester gebruik word dat doelwitte en onderig suksesvol behaal word.

Martin Luther sê, “Hou ‘n appel langs die rotang om dit vir die kind te gee wanneer hy goed doen”. Dissipline moet toegepas word deur konstante opleiding en met gebed. Kastyding, dissipline en onderig in die Woord van God, vorm die basis van vermaning. Instruksies kom van die Here en moet so oorgedra word in die “Christen skool” van lewens ervaring. Dit word toegepas deur die ouers – primêrlik die pa maar ook onder sy leiding, deur die ma. Christen dissipline moet altyd groei in eerbiedigheid teenoor God, respek vir die ouer, kennisname van Christen standaarde en ‘n gewoonte van self beheersing.

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde vir onderig, om dwaling te voorkom, die verkeerde reg te stel en ‘n goeie lewenswyse te kweek. Dit verseker dat die man wat in diens van God staan altyd volkome voorbereid en goed toegerus sal wees vir goeie werke (2 Timotheus 3:16-17). Die vader se eerste verantwoordelikheid is om die kind bekend te stel aan die Bybel, God se Woord. Ons moet besef dat die manier hoe ‘n pa God se Woord toepas sal verskil van pa tot pa, maar die basis moet altyd in lyn wees met die Bybel. Indien ‘n pa ‘n goeie voorbeeld daar stel, sal die kind ook hierdie rigting in sy eie lewe volg maak nie saak wat hy/sy doen of waar hy/sy is nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor Christen vaders?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries