settings icon
share icon
Vraag

Christen vas – wat sê die Bybel?

Antwoord


Skrif vereis nie dat Christene moet vas nie. God vereis dit nie van Christene nie. Maar in dieselfde tyd vertel die Bybel ons dat om te vas is iets goed en voordelig. Die boek van Handelinge noem dat gelowiges gevas het voordat hulle belangrike besluite geneem het (Handelinge 13:4; 14:23). Vas en gebed word gewoonlik aan mekaar gekoppel (Lukas 2:37; 5:33). Ongelukkig, in baie gevalle word die fokus van vas net aan kos / voedsel gekoppel. Die doel van vas is om jou oë van die wereld afteneem en dit net op God te fokus. Om te vas is om aan God te wys, asook aan jouself, dat ons ernstig is oor ons verhouding met Hom. Deur vas verkry ons ‘n nuwe perspektief en ‘n vernuwe afhanklikheid van God.

Alhoewel vas in Skrif amper altyd gekoppel is aan ‘n voedsel vas is daar ander maniere om te vas. Alles wat tydelik ontneem word om op God te fokus kan as ‘n Christen vas gesien word (1 Korintiers 7:1-5). Vas moet aan ‘n periode (tyd) gekoppel word as dit ‘n voedsel is. Lang periodes waar daar nie geeet word nie sal skade aan die liggaam doen. Vas is nie bedoel om die liggaam skade te berokken nie maar wel om ons aandag op God te rig. Vas moet ook nie gesien word as ‘n metode om te dieet nie. Die doel Bybelse van is nie om gewig te verloor nie maar om in ‘n dieper verhouding met God te staan. Dit is nie almal wat aan ‘n voedsel vas kan deelneem nie soos byvoorbeeld diabete, maar almal kan wel iets opgee of hulself ontneem vir ‘n periode om sodoende nader aan God te beweeg.

Om ons oë van die wereldse dinge afteneem maak dit moontlik om ons aandag beter op Christus te rig. Vas is nie iets wat ons moet gebruik om iets van God te kry nie. Vas verander ons, nie God nie. Vas is ook nie ‘n manier om meer gelowig te lyk of wees as ander nie. Vas moet in die gees van nederigheid gedoen word en met ‘n verblywende houding. Mattheus 6:16-18 verklaar, “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon."

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Christen vas – wat sê die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries