settings icon
share icon
Vraag

Moet Christene die landswette gehoorsaam wees?

Antwoord


Romeine 13:1-7 sê, “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy nie die mag vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete. Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is. Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.”

Hierdie gedeelte maak dit baie duidelik dat ons die regering wat God oor ons aangestel het gehoorsaam moet wees. God het regerings daargestel om orde te handhaaf, misdaad te straf, en geregtigheid te bevorder (Genesis 9:6; 1 Korinthiers 14:33; Romeine 12:8). Ons moet die regering in alles gehoorsaam wees—belastings betaal, reëls en wette gehoorsaam, en respek betoon. As ons dit nie doen nie, is ons inderdaad oneerbiedig teenoor God, want Hy is die Een wat die regering oor ons aangestel het. Tydens die apostel Paulus se skrywe aan die Romeine, was hy onder die regering van Rome tydens Nero se bewind, seker die goddelooste van al die Romeinse keisers. Paulus het egter steeds die Romeinse regering oor hom erken. Hoe kan ons dan anders maak?

Die volgende vraag is “Is daar ‘n tyd wanneer ons opsetlik aan die wette van die land ongehoorsaam moet wees?” Die antwoord hierop vind ons waarskynlik in Handelinge 5:27-29, “Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê: Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring. En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.” Hieruit blyk dit duidelik dat solank as die landswette nie God se gebooie weerspreek nie, ons daartoe verbind is om die landswette te gehoorsaam. Sodra die landswette God se gebooie weerspreek, moet ons die landswette ongehoorsaam wees en God se gebooie gehoorsaam. Maar selfs dan moet ons die regering se heerskappy oor ons erken. Dit word vir ons bewys toe Petrus en Johannes nie geprotesteer het teen hulle lyfstraf nie, maar dit eerder waardig geag het om vir Sy Naam oneer te ly deur aan God gehoorsaam te wees (Handelinge 5:40-42).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet Christene die landswette gehoorsaam wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries