settings icon
share icon
Vraag

Waar in die Ou Testament word die koms van Christus voorspel?

Antwoord


Daar is baie Ou Testamentiese profesieë aangaande Jesus Christus. Sommige verklarings lui dat daar honderde Messiaanse profesieë is. Die volgende word beskou as die belangrikste en duidelikste.

Aangaande Jesus se geboorte – Jes 7:14: “Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.” Jes 9:6: “Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” Miga 5:!: “Maar jy, Bethlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!”

Aangaande Jesus se bediening en dood – Sag 9:9: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.” Ps 22:17-19: “Soos honde omsingel hulle my, die bende misdadigers sak op my toe, hulle bind my hande en voete vas. Al wat been in my is, kan ek tel; hulle kyk na my met leedvermaak. Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel.”

Die duidelikste profesie oor Jesus is Jesaja 53 as geheel. Jes 53:3-7 is by uitstek die belangrikste: “Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het hy óns lyding op hom geneem, ons siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredinge is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.” Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.”

Die 77ste profesie in Daniël 9 voorspel die presiese datum wanneer Jesus, die Messias, “afgesny” sou word. Jes 50:6 beskryf akkuraat die slae wat Jesus moes verduur. Sag 12:10 voorspel die “deurboording” van die Messias, wat plaasgevind het nadat Jesus aan die kruis gesterf het. Daar is nog baie meer voorbeelde, maar hierdie is eers voldoende. Die Ou Testament profeteer sonder twyfel die koms van Jesus as die Messias.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waar in die Ou Testament word die koms van Christus voorspel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries