settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Duisendjaar Koningryk en hoe moet dit letterlik verstaan word?

Antwoord


Die duisendjaar koningryk is die titel wat gegee word aan die duisend jaar wat Jesus op aarde sal regeer. Party poog om die 1000 jaar te interpreteer op ‘n sinnebeeldige manier. Party verstaan die 1000 jaar as figuurlik soos om dit te sien as “’n baie lang tydperk” wat Jesus hier op aarde regeer. Maar in Openbaring 20:2-7 word daar ses keer na hierdie duisendjaar as 1000 jaar as ‘n tydperk, na verwys. Indien God wou hê dat ons die duisendjaar tydperk moet sien as “ ’n baie lang tydperk” sou Hy dit dan gedoen het en nie herhaalde kere spesifiek na 1000 jaar verwys nie.

Die Bybel vertel ons dat wanneer Jesus terugkeer aarde toe sal Hy Homself as Koning in Jerusalem verklaar, Hy sal sit op die troon van Dawid (Lukas 1:32-33). Die Abraham verbond het Israel aan Israel ‘n nageslag en ‘n heerser asook geestelike seëninge belowe (Genisis 12:1-3). Die Palestynse verbond het aan Israel ‘n heroeping en okkupasie van land belowe (Deuteronomium 30:1-10). Die Dawidse verbond het aan Israel vergifnis belowe – waardeur die nasie seëninge kon ontvang (Jeremia 31:31-34).

Tydens Jesus se twede koms sal al hierdie verbonde vervul word wanneer Israel weer bymekaar gebring word vanuit al die nasies (Matteus 24:31), en wanneer hulle bekeer / verander (Sagaria 12:10-14) en heroep word na die land onder die heerskapy van die Messias, Jesus Christus. Die Bybel vertel ons dat omstandighede tydens die duisendjaar heerskappy sal perfek fisies en geestelik wees. Dit sal ‘n tyd van vrede wees (Miga 4:2-4; Jesaja 32:17-18), blydskap (Jesaja 61:7, 10), troos (Jesaja 40:1-2) en geen armoede of siektes nie (Amos 9:13-15; Joël 2:28-29).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Duisendjaar Koningryk en hoe moet dit letterlik verstaan word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries