settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het mense in Genesis so lank gelewe?

Antwoord


Dit is eintlik ‘n raaisel hoekom mense in die begin so lank gelewe het. Daar is baie verskillende teorieë wat deur bybelkundiges gelewer word. Die stamboom in Genesis 5 toon die afstammelinge van Adam aan – die lyn wat uiteindelik die Messias voortbring. God het heel moontlik hierdie lyn geseen vanwee hulle godelikheid and gehoorsaamheid. Alhoewel hierdie ‘n moontlike verduideliking kan wees, vertel die Bybel ons nêrens spesifiek dat lang lewe net beperk was tot hierdie geslag wat in Genesis hoofstuk 5 genoem word nie. Afgesien van Henog wys Genesis 5 nie dat mense spesifiek goddelik was nie. Dit is miskien moonlik dat mense in daardie tye gewoonlik lank gelewe het en dus kan daar verskillende redes geopper word.

Genesis 1:6-7 noem dat die water bo die oppervlakte (van die aarde) was soos ‘n bedekking wat die aarde omvat het. Hierdie sou ‘n kweekhuiseffek (greenhouse effect) veroorsaak het en dus baie van die uitstraling wat ons vandag het, uitgeblok. Dit sou dan baie gunstige lewens omstandighede tot gevolg hê. Genesis 7:11 verwys dat tydens die vloed hierdie bedekking op die aarde uitgestort was en die lewe op aarde uitgewis het. Vergelyk maar die lewensduur voor (Genesis 5:1-32) en na die vloed (Genesis 11:10-32). Onmiddelik na die vloed het die ouderdom dramaties verminder.

Nog ‘n oorweging is dat met die eerste generasie na die skepping was daar min defekte in die genetiese kode van mens. Adam en Eva was perfek geskape. Hulle moes tog sekerlik baie goed bestand gewees het teen siektes. Hul afstammelinge moes hierdie eienskappe geerf het al was dit tot ‘n mindere mate. Oor tyd, as gevolg van sonde, het die genetiese kode van mense al hoe meer verswak en het mensdom al hoe meer swakker geword en was dus minder bestand teen siektes. Dit sou lei na ‘n dramatiese verkorting in lewensduur.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het mense in Genesis so lank gelewe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries