settings icon
share icon
Vraag

Het elkeen ‘n God-geskape ruimte?

Antwoord


Die “God- geskape ruimte”-konsep verwys daarna dat elkeen ‘n leemte in sy/haar siel/gees/lewe het, wat net deur God gevul kan word. Dit is die aangebore verlange van die menslike hart na iets buite homself, iets bonatuurliks, iets “anders”. Pred 3:11 verwys na God se plasing van die ewigheid in ‘n mens se hart, ”Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd”. God het die mensdom gemaak vir Sy ewige plan en alleen God kan ons begeerte na die ewigheid vervul. Alle godsdienste is gebaseer op die aangebore verlange om met God “kontak” te maak. Dit kan slegs deur God vervul word.

Die probleem is dat die mens hierdie leemte ignoreer of poog om dit te vul met ander dinge as God self. Jer 17:9 beskryf die toestand van ons harte: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” Salomo herhaal dieselfde konsep: “Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by en sy einde is die dood” (Pred 9:3). Die Nuwe Testament stem saam: ”Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie” (Rom 8:7). Rom 1:18-22 beskryf dat die mens, dit wat hy van God kan weet, ignoreer, insluitend byvoorkeur die “God-geskape ruimte” en aanbid dus enigiets anders, behalwe God.

Ongelukkig soek so baie mense ander dinge as God, om hul verlange na die sin van hul lewens te vul – besigheid, familie, sport en baie ander. Om hierdie dinge na te jaag, het nie ewigheidswaarde nie, dit bly onvervuld en dan wonder hulle waarom hul geen bevrediging kry nie. Daar bestaan geen twyfel nie dat baie van hierdie mense ‘n mate van blydskap vir ‘n sekere tyd kry. As ons egter na Salomo kyk, wat alle rykdom, sukses, aansien en mag in die wêreld gehad het, sien ons tog dat niks daarvan die verlange na die ewigheid kon vervul nie. Volgens Salomo was dit alles “tevergeefs”, omdat hy na hierdie dinge gesoek het en dit hom nie bevredig het nie. In Pred 12:13 sê hy, “Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: ‘Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word’.”

Netsoos ‘n vierkant nie ‘n sirkel kan vul nie, so ook kan hierdie leemte in ons lewens deur niks anders as God gevul word nie. Slegs deur ‘n persoonlike verhouding met God, deur geloof in Jesus Christus kan hierdie “God-geskape –ruimte” en die begeerte na die ewigheid gevul word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het elkeen ‘n God-geskape ruimte?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries