settings icon
share icon
Vraag

Waarom het God vir Israel gekies om Sy uitverkore volk te wees?

Antwoord


Betreffende die volk van Israel, sê Deuteronomium 7:7-9 vir ons, “Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.”

God het die volk van Israel uitverkies om die volk te wees uit wie Jesus Christus gebore sou word—die Verlosser van sonde en dood (Johannes 3:16). God het die eerste keer die koms van die Messias belowe na Adam en Eva se sondeval (Genesis 3). God het later bevestig dat die Messias sal afstam uit Abraham, Isak en Jakob (Genesis 12:1-3). Jesus Christus is die beslissende rede waarom God vir Israel uitverkies het as Sy spesiale volk. God het nie nodig gehad om ‘n volk uit te verkies nie, maar Hy het besluit om dit so te doen. Jesus moes uit ‘n volk kom, en God het vir Israel gekies.

Maar, God se rede vir die uitverkiesing van Israel was nie net vir die doel om die Messias voort te bring nie. God se begeerte was dat Israel uit sou gaan en ander omtrent Hom sou leer. Israel moes ‘n volk van priesters, profete en sendelinge vir die wêreld wees. God se oogmerk was dat Israel ‘n uitstaande volk moes wees, ‘n volk wat ander na God sou lei en na Sy beloofde voorsiening van ‘n Verlosser, Messias en Redder. Israel het grotendeels in hierdie taak gefaal. Hoe dit ookal sy, God se uiteindelike doel met Israel—om die Messias in die wêreld te bring—was volkome vervul in die Persoon van Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom het God vir Israel gekies om Sy uitverkore volk te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries