settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het God toegelaat dat Satan en die demone sondig?

Antwoord


God het gekies om vir beide die engele en die mensdom ‘n keuse aan te bied. Aangesien die Bybel nie baie inligting gee aangaande die rebellie van Satan en die gevalle engele nie, lyk dit asof Satan die grootste van al die engele was (Eseg 28:12-18) - en uit trots gekies het om teen God te rebelleer, om sodoende sy eie god te word. Satan (Lucifer) wou nie vir God aanbid of aan Hom gehoorsaam wees nie; hy wou self God wees (Jes 14:12-14). Volgens Openbaring 12:4 lyk dit, figuurlik gesproke of een derde van die engele gekies het om Satan te volg in sy rebellie en die gevalle engele geword het – demone.

Anders as die mensdom, was die keuse van die engele om Satan te volg of om getrou aan God te bly, ‘n ewige keuse. Die Bybel bied geen geleentheid vir die gevalle engele om te bely en vergeef te word nie. Die Bybel dui ook nie aan dat dit moontlik is dat meer van die engele kan sondig nie. Die engele wat getrou aan God gebly het, word in 1 Tim 5:21 as die “uitverkore engele” genoem. Satan en die gevalle engele het God in al Sy glorie geken. Vir hulle om te rebelleer, ten spyte van wat hul van God geweet het, was die uiterste boosheid. As gevolg daarvan, gee God nie vir Satan en die ander gevalle engele die geleentheid om te bely nie. Verder gee die Bybel ons geen rede om te glo dat hulle sou bely nie, al sou God hul ook geleentheid daarvoor gee (1 Pet 5:8). God het die Satan en die engele dieselfde keuse as vir Adam en Eva gegee - om Hom te gehoorsaam of nie. Die engele kon uit vrye wil ‘n keuse maak; God het nie enige van die engele geforseer of aangemoedig om te sondig nie. Satan en die gevalle engele het uit vrye wil gesondig en is daarom skuldig en ontvang God se ewige oordeel in die helsevuur.

Waarom het God aan die engele hierdie keuse gegee, as Hy geweet het wat die uitkoms sou wees? God het geweet dat een derde van die engele sou rebelleer en dus vervloek sou word tot die hel en ewige vuur. God het ook geweet dat Satan sy rebellie verder sou voortsit en die mensdom tot sonde sou verlei. Dus, waarom het God dit toegelaat? Die Bybel gee geen duidelike antwoord hierop nie. Dieselfde kan gevra word oor byna enige bose aksie. Waarom laat God dit toe? Dit kom weereens terug na God se soewereiniteit oor Sy skepping. Die Psalmis vertel aan ons in Ps 18:31, “Wat God doen, is volmaak.” As God se optrede “perfek” is, kan ons vertrou, dat wat Hy doen en toelaat, is ook perfek. Dus, die perfekte plan van ons perfekte God was om sonde toe te laat. “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here (Jes 55:8-9).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het God toegelaat dat Satan en die demone sondig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries