settings icon
share icon
Vraag

Wat is die Groot Wit Troon Oordeel?

Antwoord


Die groot wit troon oordeel word in Openbaring 20:11-15 beskryf en is die finale oordeel voor verlore siele in die vuurpoel gegooi word. Ons weet van Openbaring 20:7-15 dat hierdie oordeel plaas vind na die duisendjarige tydperk en nadat Satan en die dier en die valse profeet in die vuurpoel gegooi word (Openbaring 20:7-10). Die boeke wat almal se dade (optrede) hou sal oopgemaak word, dit sluit alle dade in of dit nou goed of sleg is, want God weet alles wat gesê is, gedoen is, gedink is en Hy sal elkeen volgens hierdie vergoed of bestraf (Psalms 28:4; 62:12; Romeine 2:6; Openbaring 2:23; 18:6; 22:12).

Tydens hierdie oordeel gebeurtenis sal nog ‘n ander boek wat die “boek van lewe” genoem word, ook oopgemaak word (Openbaring 20:12). Hierdie is die boek wat aantoon of ‘n persoon die ewige lewe saam met God verkry het of gestraf gaan word en in die vuurpoel gewerp sal word. Alhoewel Christene verantwoordelik gehou word vir hul dade, is hulle vergewe “in” Christus en hulle name staan in die boek van die lewe vanaf die skepping van die aarde (Openbaring 17:8). Ons weet ook van die Skrif dat die dooies netso, ook veroordeel word volgens wat hulle gedoen het (Openbaring 20:12) en dat enige iemand wie se naam nie in die boek van die lewe staan nie sal in die vuurpoel gegooi word (Openbaring 20:15).

Die feit is, daar gaan ‘n finale oordeel vir alle mense wees, beide gelowiges en ongelowiges, hierdie word duidelik in die Bybel gestel. Elke persoon sal eendag voor Christus staan en aanspreeklikheid doen vir sy dade. Alhoewel dit baie duidelik is dat die groot wit troon oordeel die finale oordeel is, is daar baie verskille tussen Christene hoe dit wel sal plaasvind en daar is sieninge wat verwys na ander oordelings wat in die Bybel genoem word. ‘n Voorbeeld hiervan is die vraag wie eintlik veroordeel word tydens die groot wit troon oordeel.

Sommige Christene glo dat die Bybel vir ons drie verskillende veroordelings aantoon. Die eerste is die oordeel van die skape en bokke of liewers die oordeel van nasies (Matteus 25:31-36). Hierdie vind plaas na die tribulasie periode maar voor die duisendjarige periode, en die doel met hierdie oordeel is om te bepaal wie die duisendjarige koningkryk binne gaan. Die twede is die oordeel van gelowiges se werke, wat genoem word die regstoel van Christus (2 Korintiers 5:10). Met hierdie oordeel sal gelowiges verskillende vlakke van beloning ontvang vir hul werke en diens aan God. Die derde oordeel is die van ongelowiges wat veroordeel word volgens hulle werke en wat dan verdoem word na die vuurpoel.

Ander Christene glo dat al drie hierdie veroordelings praat van dieselfde of een finale oordeel en dat dit nie drie verskillende oordelings nie. In ander woorde, die groot wit troon oordeel in Openbaring 20:11-15 sal die tyd wees wanneer gelowiges en ongelowiges veroordeel word. Die wie se name in die boek van die lewe is sal volgens hulle dade veroordeel word omsodoende die beloning wat hulle gaan ontvang te bepaal. Die wie se name nie in die boek van die lewe staan nie sal volgens hulle dade veroordeel word en die straf wat hulle gaan ontvang in die vuurpoel. Dié wat hierdie benadering ondersteun sien Matteus 25:31-46 as nog ‘n beskrywing van wat gebeur tydens die groot wit troon oordeel. Hulle toon aan dat die resultate dieselfde is as wat Openbaring 20:11-15 staan. Die skape (gelowiges) gaan die ewige lewe in terwyl die bokke (ongelowiges) verban word na die “ewige straf” (Matteus 25:46).

Maak nie saak watter siening van die groot wit troon oordeel iemand in glo nie, dit is slegs belangrik om nie fokus te verloor van die komende oordeel nie. Eerstens, Jesus Christus sal die regter wees, al die ongelowiges sal deur Hom veroordeel word na mate hul werke en optrede. Die Bybel maak dit baie duidelik dat ongelowiges baie straf vir hulself opbou (Romeine 2:5) en dat (God), “Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade” (Romeine 2:6). Gelowiges sal ook deur Christus veroordeel word maar omrede hulle Sy regspraak bekom het, staan hul name in die boek van die lewe en hulle sal beloon word en nie gestraf word nie. Romeine 14:10-12 sê dat ons almal voor die regterstoel van Christus sal verskyn en rekenskap aan God lewer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Groot Wit Troon Oordeel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries