settings icon
share icon
Vraag

Kan die mense in die Hemel neerkyk op aarde en ons sien?

Antwoord


Hebreërs 12:1 verklaar, “Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het ...” Sommige mense verstaan hierdie skare van geloofsgetuienis as mense wat vanuit die hemel neerkyk op die aarde. Dit is nie die korrekte interpretasie van hierdie vers nie. In Hebreërs 11 word noem mense wat God prys vir hul geloof, dit is hierdie mense wie die skare van geloofsgetuienis is. Hulle is getuienis nie omdat hulle na ons kan kyk vanuit die hemel nie, maar wel onrede hulle vir ons as voorbeelde staan. Hulle staan as getuienis vir Christus en God en die waarheid. Hebreërs 12:1 gaan verder, “...laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop”. Hierdie voorbeeld van Christene wat in Hebreërs 11 genoem word, is ons inspirasie sodat ons, ons eie lewens net soos hulle sal lei.

Die Bybel sê nie spesifiek dat mense in die hemel ons hier op aarde kan sien nie. Daarom is dit heel onwaarskynlik dat hulle kan. Hoekom? Wel, eerstens sal dit mos veroorsaak dat hulle gegrief sal word oor die dinge wat hier aangaan (sonde) en dit sal lei tot pyn en lyding vir hulle. Omrede daar geen pyn, lyding, trane en of ongelukigheid in die hemel kan bestaan nie (Openbaring 21:4), kan dit mos nie moontlik wees dat hulle sien wat hier aangaan nie. Twedens, mense in die hemel is in elk geval te besig om God te loof en prys asook om al die goeie dinge in die hemel te geniet en daarom sal dit mos nie sin maak dat hulle hulself besig sal hou met die dinge van hierdie wereld. Die feit dat hulle vry van sonde is en dat hulle in God se teenwoordigheid is, is meer as genoeg om hul aandag te hou. Terwyl dit wel moonlik is dat God iemand kan toelaat om na hul geliefdes op aarde te kyk, gee die Bybel vir ons geen rede om te glo dat Hy dit wel toegelaat.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan die mense in die Hemel neerkyk op aarde en ons sien?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries