Waar was Jesus gedurende vir drie dae tussen Sy dood en opstanding?




Vraag: "Waar was Jesus gedurende vir drie dae tussen Sy dood en opstanding?"

Antwoord:
1 Petrus 3:18-19 sê, "Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die regverdige vir die onregverdiges om ons tot God te bring – Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak is deur die Gees, in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis.”

Die frase, "deur die Gees," in 1 Petrus 3:18 is presies dieselfde konstruksie as die frase, “in die vlees.” Daarom blyk dit verkieslik te wees om die woord “gees” met dieselfde ryk as die woord “vlees” in verband te bring. Die vlees en gees is Christus se vlees en gees. Die woorde “lewend gemaak is deur (in) die gees, “verwys na die feit dat Christus se sonde dra en sy dood gelei het tot die skeiding van Sy menslike gees van die Vader (Matthéüs 27:46). Die kontras is tussen vlees en gees, soos aangetref in Mattéüs 27:41 en in Romeine 1:3-4 en nie tussen Christus se vlees en die Heilige Gees nie. Die oomblik toe Christus klaar boetedoening vir ons sondes gedoen het, het sy gees weer eens die kameraadskap met sy Vader opgeneem waar dit eens verbreek was.

In die eerste plek beskryf 1 Petrus 3:18-22 die noodsaaklike verband tussen Christus se lyding (1 Petrus 3 :18) en sy verheerliking (1 Petrus 3:22). Slegs Petrus gee spesifieke inligting omtrent die gebeure wat tussen hierdie twee tydperke plaasgevind het. Die woord “gepreek” in 1 Petrus 3:19 is nie die algemene woord wat in die Nuwe Testament gebruik is om die prediking van die evangelie te beskryf nie. Dit beteken letterlik om ‘n boodskap oor te dra. Jesus het gely en gesterf aan die Kruis, sy liggaam was vir dood nagelaat en sy gees het doodgegaan toe Hy tot sonde gemaak is. Volgens Petrus, het Jesus êrens tussen sy dood en Sy opstanding ‘n spesiale aankondiging gemaak aan die “geeste in die gevangenis.”

Om mee te begin, Petrus het verwys na mense as “siele” en nie as “geeste” nie (1 Petrus 3 :20). In die Nuwe Testament word die woord “geeste” gebruik om engele of demone te beskryf, nie menslike wesens nie; en 1 Petrus 3:22 dra klaarblyklik hierdie betekenis uit. Wat meer is, nêrens in die Bybel word daar aan ons vertel dat Jesus die hel besoek het nie. In Handelinge 2:31 lees ons dat Hy na “Hades” toe gegaan het. (Nuwe Amerikaanse Standaard Bybel), maar Hades is nie die hel nie. Die woord “Hades” verwys na die doderyk, ‘n tydelike plek waar hulle die opstanding afgewag het. In Openbaring 20:11-15 soos vervat in die NASB of in die Nuwe Internasionale Weergawe kry ons ‘n duidelike onderskeiding tussen die twee. Die hel is die permanente en finale plek van oordeel vir die verlorenes. Hades is ‘n tydelike plek.

Ons Here het sy gees aan die Vader oorgegee, doodgegaan en terselfdertyd in die tydperk tussen Sy dood en opstanding die doderyk besoek waar Hy ‘n boodskap aan die geestelike wesens gelewer het (heel waarskynlik gevalle engele; sien Judas 6) wie op ‘n manier verwant was aan die periode voor die vloed in Noag se tyd. 1 Petrus 3:20 maak dit baie duidelik. Petrus vertel nie aan ons wat Hy aan hierdie geeste in gevangenisskap verkondig het nie, maar dit kan net sowel ‘n boodskap van verlossing wees, aangesien engele nie gered kan word nie (Hebreeus 2:16). Dit was heel moontlik ‘n verklaring van oorwinning oor Satan en sy menigtes (1 Petrus 3:22, Kolossense 2:15). In Efesiërs 4:8-10 kry ons klaarblyklik ook die aanduiding dat Jesus “paradys” toe gegaan het, (Lukas 16:20; 23:43) en almal wat voor sy dood in Hom geglo het, saam met Hom hemel toe geneem het. Alhoewel hierdie gedeelte nie vir ons ‘n groot hoeveelheid detail gee oor wat gebeur het nie, stem die meeste Bybelstudente ooreen dat dit beteken om die “gevangenisskap gevange te hou.”

Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die Bybel nie heeltemal duidelik is oor wat presies Christus vir die drie dae tussen Sy dood en sy opstanding gedoen het nie. Dit lyk egter wel asof Hy besig was om oorwinning oor gevalle engele en/of ongelowiges te verkondig. Wat ons wel vir seker kan weet is dat Jesus nie mense ‘n tweede kans tot verlossing gegee het nie. Die Bybel vertel ons dat ons dat ons wel voor die oordeel te staan sal kom na die dood (Hebreërs 9:27) en nie ‘n tweede kans sal kry nie. Daar is nie regtig ‘n definitiewe, duidelike antwoord op wat Jesus vir die tyd tussen Sy dood en Sy opstanding gedoen het nie. Miskien is dit maar net een van die talle verborgenhede wat ons eers sal verstaan wanneer ons verheerliking bereik.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waar was Jesus gedurende vir drie dae tussen Sy dood en opstanding?