settings icon
share icon
Vraag

Is Jesus die enigste Weg na die Hemel?

Antwoord


“Ek is basies ‘n goeie mens daarom sal ek Hemel toe gaan.” “Wel, ek het al slegte dinge gedoen maar ek verrig baie meer goeie dade, daarom sal ek Hemel toe gaan.” “God sal my nie hel toe stuur, omdat ek nie volgens die Bybel lewe nie. Tye het verander!” “Slegs slegte mense soos kinder-molesteerders en moordenaars gaan hel toe.”

Hierdie is alles algemene denkwyses van die meeste mense maar die waarheid is, dit is alles leuens. Satan, die heerser van die wêreld, plaas hierdie gedagtes in ons. Hy en enigeen was sy weë volg, is God se vyand (1 Petrus 5:8). Satan doen homself altyd voor as iemand wat goed is (2 Korinthiërs 11:14), maar hy het beheer oor al die sintuie van die wat nie aan God behoort nie. “Naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie “ (2 Korinthiërs 4:4).

Dit is verkeerd om te glo dat God nie omgee oor “klein sondes” nie en dat die hel slegs vir “slegte mense” bestem is. Dit is leuens. Alle sondes verwyder ons van die aangesig van God, al is dit ‘n “klein wit leuentjie”. Almal het gesondig en geeneen is goed genoeg om die Hemel op eie stoom te bereik nie (Romeine 3:23). Om die Hemelryk in te gaan hang nie af of ons goeie dade ons slegte dade oorskry nie; ons sou almal verloor indien dit die geval was. “En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.” (Romeine 11:6). Geen goeie dade kan ons die Hemelryk laat beërwe nie (Titus 3:5).

“Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan”(Matthëus 7:13). Indien almal ‘n sondige lewe gelewe het en dit nie populêr was om op God te vertrou nie, sal dit nogtans nie verskoonbaar voor God wees nie. “…waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Efesiërs 2:2).

Toe God die wêreld geskape het, was dit perfek. Alles was goed. Hy het Adam en Eva geskape en aan hulle, hulle eie vrye wil gegee sodat hulle ‘n keuse gehad het om God te volg en aan Hom gehoorsaam te wees, aldan nie. Maar Adam en Eva, die eerste mense deur God geskape, was deur satan verlei om ongehoorsaam aan God te wees. Daardeur het hulle gesondig. Dit het hulle (en hulle nageslag, selfs ons) die vermoë ontneem om ‘n intieme verhouding met God te kan hê. Maar God het ‘n weg geskep sodat ons eendag met hom verenig kan wees in die Hemel. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here” (Romeine 6:23). Jesus was gebore sodat Hy ons die weg kan wys en vir ons sondes namens ons kan betaal, sodat ons nie die losprys hoef te betaal nie. Hy het drie dae na Sy dood uit die dode opgestaan (Romeine 4:25) en Sy oorwinning oor die dood daardeur bewys. Hy het die skeur tussen God en die mens oorbrug sodat ons ‘n persoonlike verhouding met Hom, deur geloof mag hê.

“En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” (Johannes 17:3). Die meeste mense, selfs satan, glo aan God. Maar om die saligheid te kan beërwe, moet ons, ons na God wend, ‘n persoonlike verhouding met Hom aanknoop, Hom volg en wegdraai van ons sondige lewens. Ons moet met alles in ons en in alles wat ons doen, ons vertroue in Jesus plaas. “…die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie” (Romeine 3:22). Die Bybel leer ons dat daar geen ander weg na Saligheid is anders as deur Jesus nie. Jesus sê in Johannes 14:6, “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

Jesus is die enigste weg na Saligheid omdat Hy die enigste Een is wat vir ons sondes kan betaal (Romeine 6:23). Geen ander geloof of doktrine leer ons die diepte en ernstigheid van die sonde of die nagevolge daarvan nie. Geen ander geloof of doktrine bied die ewige betaling vir sonde soos wat Jesus dit kan voorsien nie. Geen ander “geloofsvader” was God wat vlees geword het nie (Johannes 1:1, 14) – die enigste manier waarmee die ewige sondeskuld betaal kon word. Jesus moes vlees word sodat hy kon sterf. Saligheid is slegs deur middel van geloof in Jesus Christus beskikbaar! “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).

Het u ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat u hier gelees het? Indien wel, druk op die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hier onder.
English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Jesus die enigste Weg na die Hemel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries