settings icon
share icon
Vraag

Het Jesus broers en susters gehad?

Antwoord


Jesus se broers word in verskeie Bybelverse genoem. Matt 12:46, Luk 8:19 en Mark 3:31 noem dat Jesus se moeder en broers hom gaan sien het. Die Bybel vertel dat Jesus vier broers gehad het: Jakobus, Josef, Simon en Judas (Matt 13:55). Die Bybel vertel ook dat Jesus susters gehad het, maar hulle name of getal word nie genoem nie (Matt 13:56). In Joh 7:1-10 gaan Sy broers na die fees, terwyl Jesus agtergebly het. In Hand 1:14 bid Sy moeder en broers saam met die dissipels. Gal 1:19 praat van Jakobus as Jesus se broer. Die gevolgtrekking waartoe ons kom, is dat Jesus wel bloedverwante halfbroers en –susters gehad het.

Sommige Rooms-Katolieke meen dat hierdie ‘broers” eintlik Jesus se neefs was. In elk geval, oral word spesifiek die Griekse word vir “broer” gebruik. Al kan die woord verwys na ander familielede, is die normale en letterlike betekenis ‘n fisiese broer. Daar was ‘n Griekse woord vir “cousin” (neef) en dit is nie gebruik nie. Verder, as hulle Jesus se neefs was, waarom was hulle so dikwels saam met Maria, Jesus se moeder? Waar Sy moeder en broers Hom gaan sien, word niks gemeld dat hulle enigiets anders as letterlik Sy bloedverwante halfbroers was nie.

‘n Tweede Rooms-Katolieke argument is dat Jesus se broers en susters die kinders uit Josef se vorige huwelik was. ‘n Volledige teorie bestaan dat Josef beduidend ouer as Maria was, dat hy voorheen getroud was, verskeie kinders gehad het en toe wewenaar geword het, voordat hy met Maria getroud is. Hierdie teorie is nie-Bybels gefundeerd nie. Die probleem hiermee is, dat die Bybel nêrens noem dat Josef getroud was of kinders gehad het, voordat hy met Maria getrou het nie. As Josef ten minste ses kinders gehad het voor sy troue met Maria, waarom word hulle nie in Josef en Maria se reis na Betlehem (Luk 2:4-7) of hul reis na Egipte (Matt 2:13-15) of hul terugreis na Nasaret (Matt 2:19-23) genoem nie?

Daar bestaan geen Bybelse rede om te glo dat hierdie broers en susters enigiemand anders as Josef en Maria se kinders is nie. Diegene wat nie saamstem dat Jesus halfbroers en –susters gehad het nie, glo so, nie vanuit ‘n Skriftuurlike oogpunt nie, maar van ‘n ewigdurende geskil rondom die maagdelikheid van Maria, wat op sigself totaal onbybels is: “Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem (Matt 1:25). Jesus het halfbroers en –susters gehad, wat Josef en Maria se kinders was. Dit is die duidelike en onteenstrydige lering vanuit God se Woord.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het Jesus broers en susters gehad?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries