settings icon
share icon
Vraag

Was Jesus ‘n vegetariër? Moet ‘n Christen ‘n vegetariër wees?

Antwoord


Jesus was nie ‘n vegetariër nie. Volgens die Bybel eet Jesus vis (Luk 24:42-43) en skaapvleis (Luk 22:8-15). Jesus het deur ‘n wonderwerk die skare mense met vis en brood gevoed, wat ‘n snaakse ding sou wees, indien Hy ‘n vegetariër was (Matt 14:17-21). In ‘n openbaring aan die apostel Petrus, het Jesus alle kos as rein verklaar, diere insluitend (Hand 10:10-15). Na die vloed in Noag se tyd, het God aan die mensdom toestemming gegee om vleis te eet ((Gen 9:2-3). God het nooit hierdie toestemming herroep nie.

Na aanleiding van bogenoemde, is daar niks verkeerd as ‘n Christen ‘n vegetariër is nie. Die Bybel beveel ons nie om vleis te eet nie. Daar is niks verkeerd daarmee om nie vleis te eet nie. Wat die Bybel sê, is dat ons nie ander mense moet veroordeel oor wat hulle eet of nie eet nie. Rom 14:2-3 sê, “Een glo ‘n mens mag alles eet; ‘n ander is swak in die geloof en hy eet net groente. Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.”

God het na die vloed die mensdom toestemming gegee om vleis te eet (Gen 9:3). In die Ou Testamentiese wet, is die volk Israel beveel om net sekere kosse te eet (Lev 11:1-47), maar daar was nooit ‘n bevel teen die eet van vleis nie. Jesus het alle kos, insluitende alle soorte vleis, rein verklaar (Mark 7:19). Soos met alles, moet elke Christen vir leiding bid, ook vir wat God wil hê dat hy/sy moet eet. Wat ons ook al eet, is vir God aanvaarbaar, solank ons Hom vir die voorsiening daarvan dank (1 Tess 5:18). “Of julle eet of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God” (1 Kor 10:31). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Was Jesus ‘n vegetariër? Moet ‘n Christen ‘n vegetariër wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries