settings icon
share icon
Vraag

Waarom haat Jode en Arabiere / Moslems mekaar?

Antwoord


Eerstens is dit belangrik om te verstaan dat nie alle Arabiere Moslems is nie, en nie alle Moslems Arabiere is nie. Terwyl die meerderheid Arabiere Moslems is, is daar baie Arabiere wat nie Moslems is nie. Verder is daar beduidend meer nie-Arabiese Moslems in plekke soos Indonesië en Maleisië as wat daar Arabiese Moslems is. Tweedens is dit belangrik om te onthou dat nie alle Arabiere die Jode haat nie, en ook nie alle Moslems nie, ook haat nie alle Jode die Arabiere en Moslems nie. Ons moet versigtig wees om mense nie te veralgemeen nie. Maar gewoonlik is daar weersin en wantroue vanaf Arabiere en Moslems jeens Jode, en andersom.

As daar ‘n duidelike Bybelse verklaring is vir hierdie vyandskap, gaan dit al die pad terug na Abraham. Die Jode is afstammelinge van Abraham se seun Isak. Die Arabiere is afstammelinge van Abraham se seun Ismael. Met Ismael die seun van ‘n slavin (Genesis 16:1-16) en Isak die beloofde seun wat die seën van Abraham sou erf (Genesis 21:1-3), is dit vanselfsprekend dat daar ‘n mate van vyandskap tussen die twee seuns sou wees. As gevolg van Ismael se gespot met Isak (Genesis 21:9), het Sara vir Abraham oorreed om vir Hagar en Ismael weg te stuur (Genesis 21:11-21). Dit het waarskynlik selfs meer minagting in Ismael se hart teenoor Isak veroorsaak. ‘n Engel het vroeër aan Hagar geprofeteer dat Ismael “teenoor al sy broers” sal woon (Genesis 16:11-12).

Die godsdiens van Islam, wat deur die meerderheid Arabiere aangehang word, het hierdie vyandskap vererger. Die Koran bevat ‘n bietjie teenstrydige voorskrifte vir Moslems omtrent Jode. Op een plek word Moslems aangesê om Jode as broers te behandel en op ‘n ander plek word Moslems beveel om Jode aan te val wat weier om Islamiete te word. Die Koran veroorsaak ook ‘n konflik oor watter seun van Abraham werklik die beloofde seun was. Die Hebreeuse Geskrifte sê dit was Isak. Die Koran sê dit was Ismael. Die Koran leer dat Abraham byna vir Ismael aan die Here geoffer het, nie Isak nie (in teenstelling met Genesis 22). Hierdie debat oor wie die beloofde seun was dra by tot vandag se vyandskap.

Maar die antieke oorsprong van bitterheid tussen Isak en Ismael verduidelik nie die huidige vyandskap tussen Jode en Arabiere nie. In werklikheid het Jode en Arabiere vir duisende jare van Midde-Oosterse geskiedenis, in relatiewe vrede en afsydigheid teenoor mekaar gelewe. Die hoofsaak van die vyandskap het ‘n moderne oorsprong. Na die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde Nasies ‘n stukkie van die land Israel aan die Joodse volk gegee, land wat destyds hoofsaaklik deur Arabiere (die Palestyne) bewoon was. Die meeste Arabiere was hewig gekant daarteen dat die volk Israel daardie grond beset. Die Arabiese volke het verenig en Israel aangeval in ‘n poging om hulle te verdryf, maar het misluk. Sedertdien heers daar groot vyandskap tussen Israel en sy Arabiese bure. Israel bestaan op ‘n klein stukkie grond omring deur die baie groter Arabiese volke soos Jordanië, Sirië, Saudi-Arabië, Irak, en Egipte. Dit is ons siening dat, Bybels gesproke, Israel die reg het om as ‘n volk te bestaan in sy eie land wat deur God gegee is aan die afstammelinge van Jakob, kleinseun van Abraham. Terselfdertyd glo ons sterk dat Israel vrede moet nastreef en respek moet toon aan sy Arabiese bure. Psalm 122:6 sê, “Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waarom haat Jode en Arabiere / Moslems mekaar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries