settings icon
share icon
Vraag

Wat is lastering teen die Heilige Gees?

Antwoord


Die konsep van “lastering teen die Heilige Gees” word in Markus 3:22-30 en Matteus 12:22-32 genoem. Die term lastering kan in die algemeen gedefinieer word as “tartende oneerbiedigheid”. Hierdie term word gekoppel aan sondes soos om God te vervloek of doelbewus God se dinge te verkleineer. Dit kan ook wees waar God as euwel bestempel word, of om die goeie dinge van God as sleg te beskryf. Die geval in Matteus 12:31 is spesifiek “lastering teen die Heilige Gees”. In Matteus 12:31-32 het die Fariseërs bewys gehad van Jesus se wonderwerke deur die krag van die Heilige Gees want hulle het dit self gesien. Maar hulle het dit toegeskryf as werke van die duiwel en gesê dat Jesus ‘n kanaal was vir Beëlsebul, die baasduiwel (Matteus 12:24). In Markus 3:30 verduidelik Jesus dit presies hoekom die Fariseërs latering teen die Heilige Gees pleeg.

Hierdie lastering het te doen met iemand wat direk Jesus Christus vervloek om vir Hom te sê dat Hy met die duiwel besete is, instede van, om gevul te wees met die Heilige Gees. Hierdie tiepe lastering kan vandag nie meer gebeur nie want Jesus is nie meer op die aarde nie, Hy is in die hemel en sit aan die regterhand van God. Niemand kan dus vandag meer as ‘n ooggetuie vir Jesus se wonderwerke dien nie. Die naaste wat ons vandag aan lastering teen die Heilige Gees kan kom, is byvoorbeeld: - ons weet dat wanneer iemand gered word ontvang hy of sy die Heilige Gees, om dan te sê hierdie wonderwerk kom van die duiwel af, is dan latering teen die Heilige Gees.

Vandag is lastering teen die Heilige Gees, wat dieselfde is as onvergeeflike sonde, die situasie waar mense in voordurende ongeloof voortlewe. Daar is geen verskoning vir iemand wat sterf in ongeloof. Voordurende verwerping van die Heilige Gees se aansporing om in Jesus te glo is onvergeeftlike lastering teen Hom. Onthou wat Johannes 3:16 vir ons sê, “God het die mensdom so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê”. In die selfde hoofstuk sien ons hierdie vers, “Wie glo in die Seun, besit nou reeds die ewige lewe, wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom” (Johannes 3:36). Die enigste situasie waar iemand geen vergifnis sal ontvang nie, is as hy nie onder dié is wat in Jesus glo nie, dus daardie mense wat Jesus verwerp.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is lastering teen die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries