settings icon
share icon
Vraag

Is daar vandag nog steeds wonderbaarlike gawes van die Gees?

Antwoord


Ons moet eerstens net verstaan dat hierdie nie dieselfde vraag is as, of God se wonderwerke nog steeds vandag gebeur nie. Dit is onbybels om te dink God maak nou nie meer mense gesond nie, of praat nou nie meer met mense nie, want dit gebeur wel vandag nog. Hierdie vraag gaan oor die gawes van die Gees, soos wat in 1 Korintieërs 12-14 genoem word en of dit vandag nog steeds gebeur. Dit is nie ‘n vraag of die Gees wel iemand hierdie gawes kan gee nie, want dit sal ook onbybels wees, die Gees kan gawes gee. Die vraag is of die Heilige Gees gawes aan mense gee. Ons erken dat die Heilige Gees vry is om enige van die gawes te voorsien nagelang van Sy wil (1 Korintieërs 12:7-11).

In die boek van Handelinge en die Nuwe Testament briewe sien ons dat die oorgrote meerderheid van wonderwerke deur die apostels en hul bondgenote gedoen was. Paulus gee ons die rede hiervoor, “Die kentekens van ‘n apostel het ek oor en oor uitgewys toe ek by julle was; deur die doen van tekens, wonderwerke en kragtige dade (2 Korintieërs 12:12). Indien elke gelowige in Christus die vermoë gehad het om tekens, kragtige dade en wonderwerke te doen soos hierdie, sou dit mos nooit die kentekens van apostels kon gewees het nie. Handelinge 2:22 vertel ons dat tekens, kragtige dade en wonderwerke aan Jesus toegeken was. Netso was die apostels “gemerk” met hierdie gawes sodat hulle uitgeken kon word as boodskappers van God. Handelinge 14:3 beskryf hoe die boodskap bevestig was deur die werke van Paulus en Barnabas.

Hoofstukke 12 en 14 van 1 Korintiërs handel hoofsaaklik met die onderwerp van gawes van die Gees. Dit blyk dat “gewone” Christene partykeer wel hierdie gawes gegee was (12:8-10, 28-30). Ons word egter nie vertel hoe algemeen hierdie wel gebeur het nie. Dus kan ons nou weet dat die apostels “gemerk” was deur hierdie gawes en dat die toekenning van hierdie gawes aan “gewone” Christene uitsonderlik was liewers as die reël. Behalwe vir die apostels en hul bondgenote vertel die Nuwe Testament nêrens spesifiek van gewone gelowiges wat wonderbaarlike gawes van die Gees gebruik het nie.

Dit is belangrik om te onthou dat die vroeë kerk nie die volledige Bybel gehad het soos wat ons vandag het nie (2 Timoteus 3:16-17). Daarom was die gawes van profesie, kennis, wysheid ens. nodig vir Christene om dus te weet wat God van hulle verwag het. Die gawe van profesie het gelowiges instaat gestel om waarhede en bekendmaking van God te ontvang. Nou dat God se bekendmaking voltooi is deur die Bybel is hierdie spesifieke gawes dus nie meer nodig nie, of dan wel, is dit nie meer nodig in dieselfde konteks as nie Nuwe Testament nie (want die Nuwe Testament is klaar volmaak).

God maak nog steeds elke dag mense wonderbaarlik gesond. God praat nog steeds met mense vandag, of dit nou in hoorbare klank is of deur gevoel en of indrukke. God doen nog steeds wonderwerke, kragtige dade en gee tekens deur gewone Christene. Maar hierdie is nie noodwendig wonderbaarlike gawes van die Gees nie. Die primêre doel van wonderbaarlike gawes was om te bewys dat die boodskap waar is en dat die apostels die ware boodskappers van God was. Die Bybel vertel ons nie uitdruklik dat wonderbaarlike gawes gestop het nie maar dit sinspeel daarop dat dit nie sal gebeur in dieselfde konteks as in die Nuwe Testament nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar vandag nog steeds wonderbaarlike gawes van die Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries