settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent aborsie?

Antwoord


Die Bybel spreek nêrens die vraag omtrent aborsie spesifiek aan nie. Maar daar is talle verse in die Skrif wat dit absoluut duidelik maak wat God se siening van aborsie is. Jeremia 1:5 vertel ons dat God ons geken het nog voordat Hy ons in die moederskoot gevorm het. Psalm 139:13-16 praat van God se aktiewe rol in ons skepping en vorming in die moederskoot. Exodus 21:22-25 skryf dieselfde straf – die dood – voor vir iemand wat die dood van ‘n baba in die moederskoot veroorsaak as vir een wat moord pleeg. Dit maak dit duidelik dat God ‘n baba in die moederskoot ag ‘n mens te wees net soos ‘n volgroeide volwassene. Vir die Christen is aborsie nie ‘n geval van die vrou se reg om te kies nie. Dit is ‘n geval van lewe of dood van ‘n mens wat in God se beeld geskape is (Genesis 1:26-27; 9:6).

Die eerste argument wat altyd teen die Christen se standpunt oor aborsie voortspruit is “Wat van gevalle van verkragting en/of bloedskande?” So aaklig as wat dit sou wees om verwagtend te raak as gevolg van verkragting en/of bloedskande, moet ons vra of die moord van ‘n baba geregverdig is? ‘n Tweede fout maak nie die eerste reg nie. Die kind wat die gevolg is van verkragting/bloedskande kan deur ‘n liefdevolle paartjie wat nie eie kinders kan hê nie, aangeneem word, of die kind kan deur sy moeder groot gemaak word. Verder, die baba is totaal onskuldig en behoort nie gestraf te word vir die bose dade van sy vader nie.

Die tweede argument wat gewoonlik geopper word teen die Christen se standpunt oor aborsie is “Wat van wanneer die lewe van die moeder in gevaar is?” Hierdie is werklik die moeilikste vraag om te antwoord oor die kwessie van aborsie. Eerstens moet ons kennis neem dat so ‘n situasie die oorsaak is van minder as een tiende van die aborsies wat tans in die wêreld uitgevoer word. Baie meer vroue ondergaan ‘n aborsie om gerieflikheidshalwe as vroue wat ‘n aborsie ondergaan om hulle eie lewens te red. Tweedens moet ons onthou dat God ‘n God is van wonderwerke. Hy kan die lewe van ‘n moeder en haar ongebore kind red ten spyte daarvan dat die kanse medies gesproke skraal is. Uiteindelik egter, berus die antwoord hierop slegs tussen ‘n man, sy vrou, en God. Enige paartjie wat met hierdie uiterste moeilike vraag gekonfronteer word moet tot die Here bid vir wysheid (Jakobus 1:5) en Hom vra wat hulle moet doen.

Meer as 95 persent van die aborsies wat vandag uitgevoer word raak vroue wat eenvoudig net nie ‘n baba wil hê nie. Minder as 5 persent aborsies is as gevolg van verkragting, bloedskande, of die moeder se gesondheid. Selfs in die meer moeilike 5 persent van gevalle, behoort aborsie nooit die eerste opsie te wees nie. Die lewe van ‘n menslike wese in die moederskoot verdien elke poging om die kind se geboorte te verseker.

Vir diegene wat ‘n aborsie ondergaan het, onthou dat die sonde van aborsie geensins minder vergeefbaar as ander sondes is nie. Deur geloof in Christus kan alle sondes vergewe word (Johannes 3:16; Romeine 8:1; Kolossense 1:14). ‘n Vrou wat ‘n aborsie gehad het, ‘n man wat ‘n aborsie aangemoedig het, of selfs ‘n dokter wat een uitgevoer het – kan almal vergewe word deur geloof in Jesus Christus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent aborsie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries