settings icon
share icon
Vraag

Wat is agnostisisme?

Antwoord


Agnostisisme is die siening dat die bestaan van God onmoontlik is om te verstaan of te bewys. Die woord “agnostiek” beteken in hoofsaak “sonder kennis”. Agnostisisme is intellektueel ‘n meer eerliker vorm van ateïsme. Ateïsme beweer dat God nie bestaan nie – ‘n onbewysbare stelling. Agnostisisme argumenteer dat God se bestaan nie bewys of ontken kan word nie, dat dit onmoontlik is om te weet of God bestaan of nie. Hierin is agnostisisme korrek. God se bestaan kan nie deur ondervinding bewys of ontken word nie.

Die Bybel leer ons dat ons in geloof moet aanvaar dat God bestaan. Hebreërs 11:6 sê dat sonder geloof “is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” God is Gees (Johannes 4:24) en kan dus nie gesien of aangeraak word nie. Tensy God verkies om Homself openbaar te maak, is Hy onsigbaar vir ons sintuie (Romeine 1:20). Die Bybel verklaar dat die bestaan van God duidelik in die heelal gesien kan word (Psalm 19:1-4), in die natuur waargeneem kan word (Romeine 1:18-22), en in ons harte bevestig word (Prediker 3:11).

Agnostici is nie bereid om ‘n besluit te neem óf vir God óf teen God se bestaan nie. Dit is die uiterste vorm van “draadsittery”. Teïste glo dat God bestaan. Ateïste glo dat God nie bestaan nie. Agnostici glo dat ons nie God se bestaan moet glo of ontken nie, omdat dit onmoontlik is om verseker te weet.

Vir argumentshalwe, kom ons plaas die duidelike en onweerlegbare bewyse van God se bestaan eenkant. As ons die sieninge van teïsme en agnostisisme op gelyke voet plaas, watter een maak die meeste “sin” om in te glo met betrekking tot die moontlikheid van lewe na die dood? Indien daar geen God is nie, sal beide teïste en agnostici eenvoudig ophou bestaan wanneer hulle tot sterwe kom. Indien daar ‘n God is, sal beide teïste en agnostici aan Iemand verantwoording moet doen na hulle dood. Vanuit hierdie perspektief, maak dit beslis meer “sin” om ‘n teïs te wees as ‘n agnostikus. As nie een van die twee sienings bewys of weerlê kan word nie, blyk dit wys te wees om alle pogings aan te wend om die siening wat ‘n oneindige en ewige meer begeerlike eindresultaat mag hê, deeglik te ondersoek.

Dit is normaal om te twyfel. Daar is baie dinge in hierdie wêreld wat ons nie verstaan nie. Dikwels twyfel mense aan God se bestaan omdat hulle nie verstaan of saamstem met die dinge wat Hy doen en toelaat nie. Nogtans, as beperkte menslike wesens kan ons nie verwag om ‘n ewige God te verstaan nie. Romeine 11:33-34 roep uit, “o, Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is Sy oordele en onnaspeurlik Sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was Sy raadsman gewees?” Ons moet in God glo deur geloof en Sy weë vertrou in geloof. God is gereed en bereid om Homself op wonderbaarlike maniere te openbaar aan diegene wat in Hom wil glo. Deuteronómium 4:29 verklaar, “Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is agnostisisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries