settings icon
share icon
Vraag

Wat is algemene openbaring en spesiale openbaring?

Antwoord


Algemene en spesiale openbaring is die twee maniere wat God gekies het om Homself aan die mensdom te openbaar. Algemene openbaring verwys na die algemene waarhede om God deur die natuur te leer ken. Spesiale openbaring verwys na die meer spesifieke waarhede soos God deur die bonatuurlike geken word.

Na aanleiding van algemene openbaring, verklaar Ps 19:1-4, “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan ‘n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.” Volgens hierdie gedeelte, kan God se bestaan en mag duidelik gesien word, deur die heelal dop te hou. Die orde, ingewikkeldheid en die wonder van skepping spreek van die bestaan van ‘n magtige en glorieryke Skepper.

Algemene openbaring kom ook in Rom 1:20 voor, “Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.” Soos Ps 19 leer Rom 1:20 dat God se ewige mag en goddelike natuur duidelik te sien en verstaan kan word van wat reeds geskep is en daar is dus geen verskoning om hierdie feite te ontken nie. Met hierdie gedeeltes in gedagte, sou die definisie van algemene openbaring miskien wees: “die openbaring van God aan alle mense, op alle tye en plekke wat bewys dat God bestaan en dat Hy intelligent, almagtig en bonatuurlik is.”

Spesiale openbaring is hoe God gekies het om Homself op wonderbaarlike wyse te openbaar. Dit sluit in fisiese verskynings van God, drome, visioene, die geskrewe Woord van God en die belangrikste – Jesus Christus. In die Bybel is daar baie voorbeelde van God se fisiese verskynings (Gen 3:8; Eks 3:1-4, 34:5-7) en daar is ook baie gevalle waar God in drome gepraat het met mense (Gen 28:12, 37:5; 1 Kon 3:5; Dan 2) en visioene (Gen 15:1; Eseg 8:3-4; Dan 7; 2 Kor 12:1-7).

Die belangrikste openbaring van God is Sy Woord, die Bybel, wat ook ‘n vorm van spesiale openbaring is. God het die outeurs van die Skrif wonderbaarlik gelei om Sy Boodskap korrek aan die mense neer te skryf, terwyl hul eie styl en persoonlikheid tog gebruik is. Die Woord van God is lewendig en aktief (Hebr 4:12). Die Woord van God inspireer, is lonend en volledig (2 Tim 3:16-17). God was vasberade dat die waarheid rakende Hom, ook in geskrewe vorm en in waarheid beskryf is, omdat Hy geweet het hoe onakkuraat en onbetroubaar mondelinge tradisie was. Hy het ook verstaan dat die drome en visioene van die mens verkeerd geïnterpreteer kan word. God het besluit om alles wat die mens nodig gehad het om van Hom te weet, te openbaar, ook wat Hy vir ons in die Bybel gedoen het.

Die belangrikste vorm van spesiale openbaring is die Persoon, Jesus Christus. God het mens geword (Joh 1:1,14). Hebr 1:1-3 som dit die beste op, “In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God.” God het mens geword, in die Persoon van Jesus Christus, om met ons te identifiseer en ‘n voorbeeld vir ons te stel, om ons te leer, Homself aan ons te openbaar en die belangrikste, om verlossing te voorsien, deur Homself te verneder deur aan die kruis te sterf (Fil 2:6-8). Jesus Christus is die hoogste “spesiale openbaring” van God af.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is algemene openbaring en spesiale openbaring?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries