settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent alkohol/wyngebruik? Is dit ‘n sonde vir ‘n Christen om alkohol / wyn te drink?

Antwoord


Verskeie verse moedig ‘n mens aan om van alkohol af weg te bly (Levitikus 10:9; Numeri 6:3; Deuteronium 14:26; 29:6; Rigters 13:4,7,14; 1 Samuel 1:15; Spreuke 20:1; 31:4,6; Jesaja 5:11,22; 24:9; 28:7; 29:9; 56:12; Miga 2:11; Lukas 1:15). Die Skrif verbied egter nie noodwendig ‘n Christen om bier, wyn of enige ander drank wat alkohol bevat, te drink nie. Christene word beveel om dronkenskap te vermy (Efesiërs 5:18). Die Bybel veroordeel dronkenskap en sy effekte (Spreuke 23:29-35). Christene word ook beveel om nie toe te laat dat hulle liggame deur enige iets “oorheers” word nie. (1 Korinthiërs 6:12; 2 Petrus 2:19). Die Skrif verbied ook ‘n Christen om nie sonder meer enige iets te doen wat ander Christene mag aanstoot gee of hulle mag aanmoedig om teen hulle gewete te sondig nie (1 Korinthiërs 8:9-13). In die lig van hierdie beginsels, is dit dan uiteraard ontsettend moeilik vir enige Christen om te sê dat hul wel alkohol drink tot verheerliking van God (1 Korinthiërs 10:31).

Jesus het water in wyn verander. Dit lyk selfs asof Jesus vermoedelik wyn by sekere geleenthede gebruik het (Johannes 2:1-11; Mattheüs 26:29). Gedurende Nuwe Testamentiese tye was die water nie baie skoon nie. Sonder moderne sanitêre geriewe was die water gevul met bakterieë, virusse en alle soorte vorme van besoedeling. Dieselfde geld in die meeste derde-wêreld lande van vandag. As ‘n direkte uitvloeisel hiervan, drink mense dikwels wyn (of druiwesap), aangesien die kanse groot is dat dit nie so erg besoedel is nie. In 1 Timótheüs 5:3, gee Paulus aan Timótheüs opdrag om op te hou water drink (wat hom heel waarskynlik maagprobleme gegee het) en in plaas daarvan wyn te drink. Die Griekse woord vir wyn in die Bybel is die mees basiese woord vir wyn. In daardie dae, was wyn wel aan ‘n gistingsproses onderwerp, maar nie tot dieselfde graad as vandag nie. Dis sou verkeerd wees om te sê dat dit druiwesap was, maar net so verkeerd om te sê dat dit presies dieselfde drank is as die wyn wat ons vandag drink. Weer eens verbied die Skrif Christene nie noodwendig om bier, wyn of enige ander drank wat alkohol bevat te drink nie. Alkohol is nie, in en deur sy eie aard besoedel deur sonde nie. Veel eerder is dit dronkenskap en alkoholverslawing waarvan ‘n Christen homself moet weerhou. (Efesiërs 5:18; 1 Korinthiërs 6:12). Daar is nietemin beginsels in die Bybel wat dit ontsettend moeilik maak om te redeneer vanuit die standpunt dat die gebruik van alkohol in enige hoeveelheid hoegenaamd, God plesier.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent alkohol/wyngebruik? Is dit ‘n sonde vir ‘n Christen om alkohol / wyn te drink?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries