settings icon
share icon
Vraag

Wat is ateïsme?

Antwoord


Ateïsme is die siening dat God nie bestaan nie. Ateïsme is nie iets nuuts nie. Psalm 14:1, geskryf deur Dawid in ongeveer 1000 vC, meld al ateïsme: “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie.” Onlangse statistieke toon ‘n toename in mense wat beweer dat hulle ateïste is, tot soveel as 10 persent van die wêreldbevolking. Waarom word al hoe meer mense ateïste? Is ateïsme werklik die logiese stelling wat ateïste beweer dit is?

Waarom bestaan ateïsme selfs? Waarom openbaar God Homself nie eenvoudig aan mense, en bewys daarmee dat Hy bestaan nie? As God net wil verskyn, so word geredeneer, sal almal in Hom glo! Die probleem hiermee is dat dit nie God se begeerte is om mense net te oortuig dat Hy bestaan nie. Dit is God se begeerte dat mense in Hom sal glo deur geloof (2 Petrus 3:9) en deur geloof Sy gawe van verlossing (Johannes 3:16) sal aanvaar. God het baie kere Sy bestaan duidelik in die Ou Testament (Genesis 6-9; Exodus 14:21-22; 1 Konings 18:19-39) bewys. Het die mense geglo dat God bestaan? Ja. Het hulle weggedraai van hulle bose weë en God gehoorsaam? Nee. As ‘n persoon nie gewillig is om God se bestaan deur geloof te aanvaar nie, dan is hy/sy beslis nie gereed om Jesus Christus as Verlosser deur geloof (Efesiërs 2:8-9) te aanvaar nie. God se begeerte is vir mense om Christene te word, nie net teïste (die wat in God se bestaan glo) nie.

Die Bybel sê dat ons God se bestaan deur geloof moet aanvaar. Hebreërs 11:6 verklaar, “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” Die Bybel herinner ons dat ons geseënd is wanneer ons glo en in geloof op God vertrou: “Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het” (Johannes 20:29).

Die bestaan van God moet in geloof aanvaar word, maar dit beteken nie dat geloof in God onlogies is nie. Daar is baie goeie argumente vir die bestaan van God. Die Bybel leer dat God se bestaan duidelik in die heelal (Psalm 19:1-4) gesien kan word, in die natuur (Romeine 1:18-22), en in ons eie harte (Prediker 3:11). Dit gesê, die bestaan van God kan nie bewys word nie; dit moet in geloof aanvaar word.

Terselfdertyd neem dit net soveel geloof om in ateïsme te glo. Om die onbeperkte stelling te maak “God bestaan nie” is om aanspraak te maak om absoluut alles te weet wat daar te wete is oor enigiets, en om oral in die heelal te gewees het en alles waargeneem het wat daar te sien is. Natuurlik kan geen ateïs so ‘n stelling maak nie. Maar in wese ís dit waarop hulle aanspraak maak wanneer hulle sê dat God glad nie bestaan nie. Ateïste kan nie bewys dat God, byvoorbeeld, in die middel van die son woon nie, of onder die wolke van Jupiter, of in een of ander verafgeleë nebula nie. Aangesien daardie plekke buite ons vermoë is om te ondersoek, kan dit derhalwe nie bewys dat God nie bestaan nie. Dit neem net soveel geloof om ‘n ateïs te wees as ‘n teïs.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is ateïsme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries