settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek my gebede deur God laat beantwoord word?

Antwoord


Baie mense glo gebede wat beantwoord word is God wat die gebeds versoeke wat aan Hom gerig is, toestaan. Indien gebede nie verhoor word nie, word dit dan gesien as “onbeantwoorde” gebede. Hierdie is ‘n verkeerde siening en foutiewe verstaan van gebede. God beantwoord elke gebed wat aan Hom gerig word. Partykeer is die antwoord “nee” of “wag”. God belowe slegs dat gebed wat volgens Sy wil is, te verhoor. “En nou kan ons vrymoedig na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enige iets volgens Sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons so vra, weet ons ook dat ons sal kry wat ons van Hom vra” (1 Johannes 5:14-15).

Wat beteken dit dan dat daar volgens God se wil gebid moet word? Om in God se wil te bid is om te bid vir dinge wat glorie en eerbewys tot God bring en die Bybel vertel ons duidelik wat God se wil is. Indien ons vir iets bid wat nie tot God se eer sal strek nie of wat nie God se wil vir ons eie lewens is nie, sal dit nie beantwoord word nie. So hoe kan ons weet wat God se wil is? God belowe om ons wysheid te gee wanneer ons vir dit vra. Jacobus 1:5 verklaar, “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van die Here bid, en Hy sal dit aan hom gee”. ‘n Goeie plek om te kyk wat God se wil is, is 1 Tessalonisense 5:12-24. Hoe beter ons verstaan wat God se wil is, hoe beter sal ons weet waarvoor ons moet bid (Johannes 15:7). Hoe beter ons weet waarvoor om te bid, hoe meer versoeke sal “ja” beantwoord word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek my gebede deur God laat beantwoord word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries