settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om die Heilige Gees te bedroef/te blus?

Antwoord


Wanneer die woord “blus” in die Skrif gebruik word, word daar verwys na vuur wat geblus of uitgedoof word. As gelowiges die skild van die geloof as deel van hul wapenrusting van God, dra (Ef 6:16), blus hulle die helse aanslae van die Satan. Christus beskryf die hel as ‘n plek waar die vuur “onblusbaar” is (Mark 9:44,48). Die Heilige Gees is ook soos ‘n vuur binne-in elke gelowige. Hy wil Homself deur ons dade en optredes uitdruk. Wanneer gelowiges nie toelaat dat die Gees in hul dade na vore kom nie, wanneer ons weet dat wat ons doen, verkeerd is, onderdruk of blus ons die Gees. Ons laat nie toe dat die Gees Homself openbaar soos Hy graag wil nie.

Om te verstaan wat dit beteken om die Gees te bedroef, moet ons eerstens verstaan dat dit aandui dat die Gees persoonlikheid besit. Slegs ‘n persoon kan bedroef word; dus moet die Gees ‘n goddelike persoon wees om hierdie emosie te kan hê. As ons eers dit kan begryp, kan ons beter verstaan hoe Hy bedroef gemaak kan word, hoofsaaklik omdat ons ook seergemaak is. Ef 4:30 sê dat ons nie die Gees moet bedroef nie. Ons bedroef die Gees deur soos heidene te lewe (4:17-19), deur nie die waarheid te praat nie (4:25), deur kwaad te wees (4:26-27), deur te steel (4:28), deur te vloek (4:29), deur verbitter te wees (4:31), deur vergewensgesind te wees (4:32) en deur seksueel onsedelik te lewe (5:3-5). Om die Gees te bedrroef, beteken om op ‘n sondige manier op te tree, net in jou gedagtes of in beide gedagte en daad.

Om die Gees te blus of te bedroef, het albei dieselfde uitwerking. Albei staan in die pad van ‘n goddelike leefstyl. Beide vind plaas wanneer ‘n gelowige teen God sondig en sy of haar eie wêreldse begeertes navolg. Die enigste regte pad om te volg, is die pad wat die gelowige nader aan God en reinheid lei en sodoende verder weg van sonde en die wêreld. Netsoos ons nie daarvan hou om bedroef gemaak te word nie en nie soek om die goeie uit te wis nie – so behoort ons nie die Heilige Gees te bedroef of te blus, deur te weier om Sy leiding te volg nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om die Heilige Gees te bedroef/te blus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries