settings icon
share icon
Vraag

Hoe bekeer ek my tot Christenskap?

Antwoord


‘n Man in die Griekse stad Filippi het ‘n soortgelyke vraag aan Paulus en Silas gevra. Ons weet ten minste drie dinge van hierdie man: hy was ‘n tronkbewaarder, hy was ‘n ongelowige, en hy was desperaat. Hy was op die punt om selfmoord te pleeg toe Paulus hom gekeer het. Dit was toe dat die man gevra het, “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” (Handelinge 16:30).

Bloot die feit dat die man die vraag gevra het wys dat hy besef het hy het redding nodig—hy het net die dood vir homself gesien, en geweet hy het hulp nodig. Dat hy vir Paulus en Silas hulp gevra het dui daarop dat hy geglo het dat hulle oor die antwoord beskik.

Die antwoord was vinnig en eenvoudig: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (vers 31). Die gedeelte gaan verder en vertel dat die man wel geglo het en tot bekering gekom het. Sy lewe het van daardie dag af verander.

Neem kennis dat die man se bekering op geloof (“Glo”) gegrond was. Hy moes op Jesus vertrou en niks anders nie. Die man het geglo dat Jesus die Seun van God (“Here”) was en die Messias deur wie die Skrifte vervul was (“Christus”). Sy geloof het ook ingesluit dat Jesus vir ons sonde gesterf het en weer opgestaan het, want dit was die boodskap wat Paulus en Silas verkondig het (sien Romeine 10:9-10 en 1 Korinthiërs 15:1-4).

Om te “bekeer” is letterlik om “te draai”. Wanneer ons na een ding toe draai, draai ons noodwendig weg van iets anders. Wanneer ons na Jesus draai, draai ons weg van sonde. Die Bybel noem die wegdraai van sonde “berou” en die draai na Jesus “geloof.” Dus is berou en geloof aanvullend tot die woord “bekeer”. Beide word tekenne gegee in 1 Thessalonicense 1:9—“… jul van die afgode bekeer het tot God.” ‘n Christen sal sy ou lewenswyse en enigiets wat op valse godsdiens betrekking het agterlaat as die gevolg van ‘n opregte bekering tot Christenskap.

Eenvoudig gestel, om tot Christenskap te bekeer, moet jy glo dat Jesus die Seun van God is wat vir jou sonde gesterf en weer opgestaan het. Jy moet aan God bely dat jy ‘n sondaar is wat verlossing nodig het, en jy moet op Jesus alleen vertrou as jou Redder. Wanneer jy van die sonde wegdraai na Christus toe, belowe God om jou te red en met die Heilige Gees te vul, Wie van jou ‘n nuwe mens sal maak.

Christenskap, in sy ware vorm, is nie ‘n godsdiens nie. Christenskap, volgens die Bybel, is ‘n verhouding met Jesus Christus. Christenskap is God se gawe van verlossing aan elkeen wat glo aan en vertrou op die offer wat Jesus aan die kruis gebring het. A persoon wat tot Christenskap bekeer, verlaat nie een godsdiens vir ‘n ander nie. Bekering tot Christenskap is die ontvangs van die gawe wat God aanbied en die begin van ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus wat lei tot die vergifnis van sonde en ‘n ewige lewe in die hemel na ons aardse dood.

Wil jy tot Christenskap bekeer na aanleiding van wat jy in hierdie artikel gelees het? As jou antwoord ja is, hier is ‘n eenvoudige gebed wat jy tot God kan bid. Om hierdie gebed te bid, of enige ander gebed, sal jou nie red nie. Slegs geloof in Christus kan jou van sonde red. Hierdie gebed is bloot ‘n manier om jou geloof in God te wys en Hom te dank vir die geleentheid tot redding. “Dierbare God, ek weet dat ek teen U gesondig het en straf verdien. Maar Jesus Christus het die straf gedra wat ek verdien sodat ek deur geloof in Hom vergewe kan word. Ek plaas my vertroue in U vir my verlossing. Dankie vir U wonderlike genade en vergifnis – en die gawe van ewige lewe! Amen!”

Het jy ‘n besluit vír Jesus Christus geneem as gevolg van wat jy hier gelees het? Indien wel, druk die “Ek het Jesus Christus vandag aanvaar” - knoppie hieronder.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe bekeer ek my tot Christenskap?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries