settings icon
share icon
Vraag

Moet ‘n Christen saam met ‘n ongelowige in ‘n besigheid gaan?

Antwoord


Hierdie vraag word baie algemeen gevra. Die mees algemene Skrifgedeelte wat aangehaal word, is “Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?” (2 Kor 6:14). Baiekeer word dit ook gebruik as verbod op Christene wat met nie-Christene trou. Die huwelik kan definitief hier van toepassing wees, maar daar is niks in die konteks wat dit tot die huwelik beperk nie. Alle tipes van “ongelyke jukke” - huwelike, intieme vriendskappe en in baie gevalle , besigheidsvennootskappe.

Die gebod impliseer dat daar ‘n groot verskil tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige bestaan. Algemeen gesproke is die motiverings, doelwitte en metodes van ‘n Christen onversoenbaar met dié van ‘ ongelowige. Geloof verander ‘n persoon se karakter. ‘n Christen se hoogste strewe is om die Here Jesus te vereer en Hom in alles te plesier; ‘n ongelowige is anders ten opsigte van sulke doelwitte. Indien ‘n Christen se metodes en doelwitte in besigheid ooreenstem met die metodes en doelwitte van ‘n ongelowige, moet die Christen baie beslis sy/haar prioriteite heroorweeg en hersien.

2 Kor 6:14 vra, “Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?” Wanneer mense iets deel, word daar gesê dat hulle “in gemeenskap” met mekaar is. Besigheidsvennote is op so n manier saam, dat hulle dinge moet deel – wat aan die een behoort, behoort ook aan die ander. Dit is presies wat “gemeenskap” beteken. Met hierdie beginsels in gedagte, is dit die beste om te vermy om met ongelowiges in besigheid saam te werk. Indien ‘n Christen in opregtheid probeer om die Here te eer in besigheid, is konflik met die ongelowige vennoot onvermydelik. “Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie?” (Amos 3:3). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ‘n Christen saam met ‘n ongelowige in ‘n besigheid gaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries