settings icon
share icon
Vraag

Het ons beskerm-engele?

Antwoord


Matt 18:10 sê, “Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is.” In die konteks van “hierdie kleintjies” kan daar verwys word na diegene wat in Hom glo (v6) of na klein kindertjies (v 3-5). Hierdie is die sleutelgedeelte rakende beskerm-engele. Daar bestaan geen twyfel dat goeie engele help om te beskerm, (Dan 6:20-23; 2 Kon 6:13-17), inligting openbaar (Hand 7:52-53; Luk 1:11-20), lei (Matt 1:20-21; Hand 8:26), voorsien van (Gen 21:17-20; 1 Kon 19:5-7) en gelowiges in die algemeen bedien nie (Hebr 1:14).

Die vraag ontstaan of elke persoon of elke gelowige ‘n engel toegewys is wat na hom/haar omsien. In die Ou Testament was die aartsengel Migael aan die volk Israel toegewys (Dan 10:21; 12:1), maar nêrens in die Skrif word genoem dat individue engele toegewys was nie (soms is engele na individue gestuur). Die Jode het geglo aan beskerm-engele gedurende die tydsverloop tussen die Ou en Nuwe Testament. Sommige destydse kerkvaders het nie net geglo dat elke persoon ‘n engel het nie, maar ook ‘n demoon. Die geloof in ‘n beskerm-engel doen lank reeds die rondte, maar daar is geen eksplisiete skriftuurlike grond daarvoor nie.

Matt 18:10: die woord “hulle” is ‘n versamelnaam in die Grieks en verwys na die feit dat gelowiges in die algemeen deur engele bedien word. Hierdie engele word sodanig uitgebeeld dat hul gedurig vir God dophou om Sy opdrag te hoor, om sodoende ‘n gelowige te help in nood. Die engele in hierdie gedeelte is besig om meer hul aandag toe te spits op die Vader in die hemel , as om spesifiek ‘n persoon te beskerm. Die aktiewe deel kom dus hier meer van God as van die engele, wat sin maak, aangesien God alleen alwetend is. Hy sien elke gelowige elke oomblik en Hy alleen weet wanneer een van ons die ingryping van ‘n engel nodig het. Aangesien hulle gedurig Sy gesig sien, is die engele tot Sy beskikking om een van Sy “kleintjies” te help.

Dit kan nie bo alle twyfel gesê word of elke gelowige ‘n beskerm-engel van sy/haar het nie, maar God gebruik engele om ons te bedien. Dit is skriftuurlik om te sê dat Hy hul gebruik soos Hy ons gebruik; dit beteken dat Hy ons in geen opsig nodig het om Sy doelwit te bereik nie, maar ten spyte daarvan gebruik Hy ons en hulle tog (Job 4:18; 15:15). Uiteindelik het ons tog ‘n nog groter versekering van God: as ons Sy kinders is deur geloof in Christus, werk alle dinge mee ten goede (Rom 28-30) en Jesus Christus sal ons nooit begewe of verlaat nie (Heb 13:5-6). Indien ons ‘n alwetende, alomteenwoordige, liefdevolle God by ons het, maak dit dan regtig saak of daar ‘n spesifieke beskerm-engel is wat ons beveilig?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het ons beskerm-engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries