settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om in die naam van Jesus te bid?

Antwoord


Ons word in Johannes 14:13-14 geleer om in Jesus se naam te bid, “Wat julle ook al in My naam vra, sal Ek doen”. Party mense gebruik hierdie vers nie korrek nie en dink versoeke met die woorde “in Jesus naam” aan die einde van die gebed sal altyd deur God toegestaan word. Hulle gebruik die woorde “in Jesus naam” dus as ‘n wonder formule en is geheel en al on-Bybels.

Om in Jesus se naam te bid beteken met Jesus se gesag na God die Vader toe te kom en om te vra dat ons gebed te verhoor moet word omrede ons in Sy Seun se naam na Hom kom. Om in Jesus se naam te bid is dieselfde as om in God se wil te bid, “En nou kan ons vrymoedig na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enige iets volgens Sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons so vra, weet ons ook dat ons sal kry wat ons van Hom vra” (1 Johannes 5:14-15). Om in Jesus se naam te bid is om te bid vir dinge wat Jesus sal eer en verheerlik.

Om te sê “in Jesus naam” aan die einde van ‘n gebed is nie ‘n wonder formule nie. Indien ons iets vra of sê tydens ‘n gebed wat nie in die wil van God se glorie of volgens Sy wil is nie en dan sê “in Jesus naam” sal niks beteken nie. Opregte gebed in Jesus se naam, vir Sy verheerliking, is wat belangrik is en nie net om woorde aan te heg nie. Dit is nie die woorde van ‘n gebed nie wat saak maak nie maar wel die doel van die gebed wat tel. Om in God se wil te bid is die kern om in Jesus se naam te bid.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om in die naam van Jesus te bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries