settings icon
share icon
Vraag

Tot wie moet ons bid, tot die Vader, die Seun of die Heilige Gees?

Antwoord


Alle gebede moet tot ons Drieënige God-Vader, Seun en Heilige Gees gerig word. Die Bybel leer dat ons tot een of tot al die drie kan bid, omdat die drie een is. Saam met die Psalmdigter bid ons tot die Vader, “Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug. Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek” (Ps 5:2,3). Tot die Here Jesus bid ons as die Vader, omdat hulle gelyk is. Gebed tot een persoon van die Drie-eenheid, beteken jy bid tot almal. Stefanus, toe hy gemartel is, het gebid, “Here Jesus, ontvang my gees!” (Hand 7:59). Ons moet ook in die Naam van Christus bid. Paulus het die gelowiges in Efese gemaan om altyd “God die Vader” te dank “oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus” (Ef 5:20). Jesus het Sy dissipels verseker dat alles wat hulle in Sy Naam vra – bedoelende in Sy wil – hulle dit sou ontvang (Joh 15:16; 16:23). Op dieselfde wyse moet ons ook tot die Heilige Gees en in Sy krag bid. Die Gees help ons om te bid, selfs al weet ons nie hoe en wat ons moet vra nie (Rom 8:26; Judas 20). Miskien is die beste manier om die rol van die Drie-eenheid te verstaan, om tot die Vader te bid, deur (of in die Naam) van die Seun, deur die krag van die Heilige Gees. Hierdie drie is almal aktiewe deelnemers in die gebed van die gelowige.

Ewe belangrik is “hy” tot wie ons NIE bid nie. Sommige nie-Christen-godsdienste moedig hulle aanhangers aan om tot ‘n verskeidenheid van gode, ontslape familielede, heiliges en geeste te bid. Die Rooms Katolieke bid tot Maria en verskeie heiliges. Sulke gebede is nie volgens die Skrif nie en dus ‘n belediging teenoor ons hemelse Vader. Om dit te verstaan, moet ons kyk na die aard van gebed. Gebed het verskeie elemente en as ons net kyk na lofprysing en danksegging, as twee daarvan, kan ons sien dat die kern van gebed, aanbidding is. Wanneer ons God prys, aanbid ons Hom vir Sy bydraes en Sy werking in ons lewens. Wanneer ons dankseggingsgebede bid, aanbid ons Sy goedheid, genade en liefdevolle deernis teenoor ons. Aanbidding gee God die eer, die enigste Een wat verdien om geëer te word. Die probleem om tot enigiemand anders as God te bid, is dat Hy nie Sy eer gaan deel nie. Om die waarheid te sê, om tot iemand of iets anders as God te bid, is afgodery. “Ek is die Here, dit is my Naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie” (Jes 42:8).

Ander elemente van gebed: belydenis, erkenning en petisie is ook vorme van aanbidding. Ons bely dat ons weet dat God ‘n vergewensgesinde en liefdevolle God is en dat Hy toegang tot vergifnis, deur die offerande van Sy Seun aan die kruis, voorsien het. Ons bely ons sondes, omdat ons weet dat “as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh 1:9) en ons aanbid Hom daarvoor. Ons gaan na Hom toe met ons versoeke en intersessies, omdat ons weet dat Hy ons liefhet en ons verhoor. Ons aanbid Hom vir Sy genade en goedheid, omdat Hy gewillig is om te hoor en te antwoord. As ons dit alles in ag neem, is dit maklik om in te sien, dat om enigiemand anders as ons drieënige God te aanbid, ondenkbaar is, omdat gebed ‘n vorm van aanbidding is en aanbidding is gereserveer vir God en God alleen. Tot wie moet ons bid? Die antwoord is God. Bid tot God en God alleen, is baie belangriker as watter Persoon van die Drie-eenheid ons in ons gebede moet aanspreek. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Tot wie moet ons bid, tot die Vader, die Seun of die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries