settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor bekommernis?

Antwoord


Die Bybel is baie duidelik daaroor dat Christene hulle nie moet bekommer nie. Fil 4:6 sê, “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” In hierdie gedeelte van die Skrif leer ons dat ons al ons behoeftes en bekommernisse tot God in gebed moet bring, eerder as om daaroor te bekommer. Jesus bemoedig ons om ons nie oor fisiese dinge soos klere en kos te bekommer nie. Jesus verseker ons dat ons hemelse Vader in al ons behoeftes sal voorsien (Matt 6:25-34). Dus hoef ons ons nie oor enigiets te bekommer nie.

Aangesien bekommernis nie deel van ‘n gelowige se lewe behoort te wees nie, hoe oorkom ‘n mens dit dan? In 1 Pet 5:7 is geskryf, “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” God wil nie hê dat ons ons probleme en laste met ons moet saam dra nie. In hierdie versgedeelte nooi God dat ons al ons bekommernisse en sorge vir Hom moet bring. Hoekom wil God ons probleme vir ons dra? Die Woord sê dit is omdat Hy vir ons omgee. God is begaan oor alles wat met ons gebeur. Geen bekommernis is té groot of té klein vir Sy aandag nie. As ons ons sorge vir God gee, beloof Hy aan ons die vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7).

Vir diegene wat egter nie die Verlosser ken nie, sal bekommernis en angs deel vorm van hul lewens. Diegene wat egter hul lewens aan Hom toevertrou het, aan hulle belowe Jesus, “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matt 11:28-30). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor bekommernis?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries