settings icon
share icon
Vraag

Mag ‘n Christen ‘n psigoloog/sielkundige besoek?

Antwoord


Psigoloë en sielkundiges is professioneles, wat werksaam is op die veld van verstandelike gesondheid van mense. Mense verwar dikwels hul rolle of meng dit met ander soos psigoterapeute, psigo-analiste of beraders op die gebied van verstandelike gesondheid. Daar is baie variasies en vereis uiters verskillende opleiding en gebruik baie behandelingsmetodes. Psigoloë moet beskik oor ‘n Ph.D. in psigologie en uitsluitlik fokus op navorsing, gee hoëvlak-onderrig en beskik oor ‘n privaat beradingspraktyk. Hulle kan ook toetse doen op baie kognitiewe en emosionele toestande. ‘n Psigiater is eintlik ‘n mediese dokter wat op verstandelike afwykings spesialiseer. Psigiaters is die enigste gesondheids-beroepslui wat by magte is om medikasie voor te skryf en is opgelei in farmakologiese behandelings van verstandelike gesondheid.

Wanneer mense getoets wil word of hul disleksies is of vir berading, kan hulle ‘n psigoloog oorweeg. Gewoonlik sien mense eers ‘n psigoloog of ‘n ander professionele persoon, voordat hulle na ‘n psigiater verwys word. Sommige psigiaters doen berading, terwyl ander medikasie toedien en waarneem en so as vennote saamwerk met ander professionele mense, wat terapie toepas. Soos in enige beroep, is sommige psigoloë/psigiaters Christene en ander nie.

Christene wil meestal graag weet hoe hul professies met die Bybel ooreenstem. Die waarheid is dat in ‘n sekere sin, nie psigologie of psigiatrie verkeerd is nie. Beide lewer ‘n waardevolle diens. Nie een het die vermoë om ten volle te verstaan hoe God die mens gemaak het, hoe die verstand werk en hoekom ons voel en optree soos ons doen nie. Daar is volop wêreldse, mensgesentreerde teorieë oor verstandelike en emosionele sake, maar daar is ook baie godvresende mense in hierdie professies betrokke, wat poog om deur middel van Bybelse perspektiewe die menslike verstand te verstaan. Vir Christene is dit die beste om professionele hulp te soek by ‘n gelowige professionele persoon met Bybelse kennis en met ‘n godvresende karakter. Enige berading moet volgens die Skrif beoordeel word, soos enigiets op aarde, sodat ons kan bepaal of dit vals of waar is.

Om ‘n psigoloog/psigiater te gaan besoek, is nie verkeerd nie. Tog is dit so dat hierdie beroepsmense van verskillende agtergronde en gelowe kom. Selfs al is hulle Christene, is hul ook nie by magte om perfekte antwoorde te gee nie of hulle kan tekort skiet op grond van hul Bybelkennis. Onthou maar dat die Woord van God die eerste antwoord op ons kwelvrae is. Om onsself met die waarheid toe te rus, is belangrik om ons te help onderskei, wat waardevol is vir ons en wat ons kan mislei (Ef 6:11-17; 1 Kor 2:15-16). Elke gelowige is persoonlik verantwoordelik om die Bybel te bestudeer vir sy eie persoonlike groei en onderskeidingsvermoë. Die Heilige Gees sal die Woord gebruik om ons na die beeld van Jesus Christus te verander, wat die uitsluitlike doelwit vir alle Christene is (Ef 5:1-2; Kol 3:3). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Mag ‘n Christen ‘n psigoloog/sielkundige besoek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries