settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike spiritualiteit?

Antwoord


Wanneer ons wedergebore word, ontvang ons die Heilige Gees, wat ons waarborg is vir die Verlossingsdag (Ef 1:13; 4:30). Jesus het belowe dat die Heilige Gees ons “in die hele waarheid” sal lei (Joh 16:130). ‘n Deel van die waarheid is om God se dinge op ons lewens toe te pas. Wanneer dit gebeur, maak die gelowige ‘n keuse om die Heilige Gees toe te laat om hom/haar te beheer. Ware Christelike spiritualiteit is gegrond op die mate, waartoe die wedergebore gelowige die Heilige Gees toelaat om sy/haar lewe te lei en te beheer.

Paulus, die apostel, vertel aan gelowiges hoe om met die Heilige Gees vervul te wees. “Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul” (Ef 5:18). Die tydsvorm hier is aanhoudend, word gedurig gevul met die Gees. Dit beteken maar net dat die Gees toegelaat moet word om ons te beheer, eerder as om te hunker na die begeertes van ons eie sterflike natuur. As iemand deur wyn beheer word, is hy dronk en vertoon sekere eienskappe soos slordige taalgebruik, onvas op sy voete en swak besluitneming. Netsoos jy kan sien dat iemand dronk is, as gevolg van sy eienskappe wat hy toon, so is ‘n wedergebore gelowige wat deur die Heilige Gees beheer word, ook herkenbaar aan sekere eienskappe, “die vrug van die Gees” (Gal 5:22-23). Dit is ware Christelike spiritualiteit en word geproduseer deur die werking van die Gees in en deur die gelowige. Hierdie karakter word nie geproduseer deur eie pogings nie. ‘n Wedergebore gelowige wat deur die Heilige Gees beheer word, sal duidelike taalgebruik vertoon, ‘n vaste geestelike pad stap en sy besluitneming sal op God se Woord gebaseer wees.

Dus sluit Christelike spiritualiteit ‘n keuse in wat ons maak, om te “weet en te groei” in ons daaglikse verhouding met die Here Jesus Christus, deur onsself ondergeskik te stel aan die bediening van die Heilige Gees in ons lewens. Dit beteken dat ons as gelowiges maak die keuse om ons kommunikasie met die Gees lewendig te hou, deur te bely (1 Joh 1:9). Wanneer ons die Gees deur sonde bedroef (Ef 4:30; 1 Joh 1:5-8), ontstaan daar ‘n struikelblok tussen ons en God. As onsself ondergeskik stel aan die Gees se bediening, word ons verhouding nie onderbreek nie (1 Tess 5:19). Christelike spiritualiteit is ‘n bewustelike vriendskap met die Gees van Christus, ononderbroke deur sterflikheid en sonde. Christelike spiritualiteit ontwikkel as ‘n wedergebore gelowige ‘n vaste en deurlopende keuse maak om oor te gee aan die bediening van die Heilige Gees . English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike spiritualiteit?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries