settings icon
share icon
Vraag

Wat is die doel van die kerk?

Antwoord


Handelinge 2:42 kan gesien word as die doel van die kerk, “Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede”. Volgens hierdie vers is die doel en aktiwiteite van die kerk 1) Bybel gerigte lering, 2) om ‘n plek te stig waar gelowiges in gemeenskap met mekaar te kan wees, 3) om Nagmaal te hou, en 4) om saam te bid.

Die kerk moet Bybel gerigte lering leer sodat ons geloof goed gevestig kan word. Effesiërs 4:14 vertel ons, “Dan as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie”. Die kerk is ‘n plek van gemeenskap waar Christene hul self kan toewei aan mekaar en mekaar kan respekteer (Romeine 12:10), mekaar kan onderrig (Romeine 15:14), om mekaar te vergewe en goedhartigheid aan mekaar te toon (Effesiërs 4:32), om mekaar aantemoedig (1 Tessalonisense 5:11) en mees belangrik, om liefde teenoor mekaar te toon (1 Johannes 3:11).

Die kerk is die plek waar gelowiges deel in Nagmaal en daardeur Christus se dood en die storting van Sy bloed vir ons sondes te herdenk (1 Korintiërs 11:23-26). Die konsep van “brood breek” (Handelinge 2:42) verduidelik die praktyk om maaltye saam te geniet. Die is ‘n voorbeeld van die kerk om altyd die gemeenskap van gelowiges na te streef. Filippense 4:6-7 moedig ons aan, “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas”.

Nog ‘n opdrag wat aan die kerk gegee word is om die evangelie van redding deur Jesus Christus aantekondig (Matteus 28:18-20; Handelinge 1:8). Die kerk word geroep om die evangelie deur woord en daad getrou na te kom. Die kerk is die “lig” aan die gemeenskap wat mense trek na ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Die kerk moet die evangelie verkondig maar net so moet die kerk ook die lidmate voorberei om die evangelie te kan verkondig (1 Petrus 3:15).

Die finale doel van die kerk word aan ons gegee in Jakobus 1:27, “Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg, en dat ons nie toelaat dat die wereld ons besmet nie”. Die kerk se besigheid is ook om na die wat in behoefte staan en swaar kry, om te sien. Dit sluit nie net in die verkondiging van die evangelie in nie, maar ook om aan die fisiese behoeftes (kos, klere, behuising) om te sien. Die kerk voorsien ook al wat nodig is om sonde te oorkom en los van die sondige wereld te kan leef. Hierdie word gedoen deur Bybel gerigte lering en Christelike gemeenskap.

So, wat is die doel van die kerk? Paulus gee ‘n baie goeie beskrywing aan die gelowiges in Korinte. Die kerk is die hande, spreekbuis en voete van God – die liggaam van Christus (1 Korintiërs 12:12-27). Ons is veronderstel om daardie dinge wat Jesus sou doen indien Hy nou op aarde was, te doen. Die kerk moet “‘n Christen”, “’n Christus-soort” en “’n Christus-volgers” wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die doel van die kerk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries