settings icon
share icon
Vraag

Wat is Drie-eenheidsleer? Is dit Bybels?

Antwoord


Drie-eenheidsleer is die lering dat God Drie-enig is, dat Hy homself in drie mede-gelyke en mede-ewige Persone geopenbaar het. Vir ‘n breë Bybelse aanbieding van die Drie-eenheid kan ons artikel oor die Drie-eenheid asseblief gelees word. Die doel van hierdie artikel is om die belangrikheid van Drie-eenheidsleer ten opsigte van verlossing in die Christen se lewe te bespreek.

Die vraag word dikwels gevra, “Moet ek in die Drie-eenheid glo om gered te word?” Die antwoord is ja en nee. Moet ‘n persoon Drie-eenheidsleer volledig verstaan en met elke aspek daarvan saamstem? Nee. Is daar sommige aspekte daarvan wat sleutelrolle in redding speel? Ja, want die godheid van Christus is uiters belangrik in die verstaan van verlossing. As Jesus nie God was nie, sou Sy dood nie kon betaal vir die ewige straf oor sonde nie. Net God is oneindig, ewig – Hy het geen begin of einde nie. Alle ander skepsels, ook engele, se lewens is beperk; iewers op ‘n tydstip is hul geskep. Slegs die dood van ‘n oneindige Wese kon die sonde van die mensdom van ewigheid tot ewigheid versoen. Indien Jesus nie God was nie, kon Hy nie die Verlosser, die Messias, die Lam van God wees, wat die sonde van die wêreld weggeneem het nie (Joh 1:29). ‘n Onbybelse siening van Jesus se goddelike natuur loop uit op ‘n dwaalsiening van verlossing. Elke “Christelike” godsdiens wat die ware godheid van Christus ontken, verkondig ook dat ons werke moet byvoeg by Christus se sterwe, om sodoende gered te word. Die ware en volledige godheid van Christus, ‘n aspek van Drie-eenheidsleer, weerlê hierdie konsep.

Terselfdertyd erken ons dat daar sommige ware gelowiges in Christus is, wat nie vashou aan volle Drie-eenheidsleer nie. Ons verwerp “modalisme”, maar ons ontken nie dat iemand gered kan word as hy/sy glo dat God nie drie Persone is nie, maar Homself eerder op drie maniere/wyses openbaar. Die Drie-eenheid is ‘n misterie, wat geen sterflike menslike wese volledig of volkome kan verstaan nie. Om verlossing te ontvang, vereis God van ons om op Jesus Christus, God wat as Verlosser vlees geword het, te vertrou. Om verlossing te ontvang, vereis God nie volkome voldoening aan elke aspek van suiwer Bybelse teologie nie. Nee, volkome verstaan en ooreenstemming van alle aspekte van Drie-eenheidsleer is nie nodig vir verlossing nie.

Ons steun Drie-eenheidsleer sterk as ‘n Bybels-gefundeerde doktrine. Ons aanvaar dogmaties dat verstaan en glo in Bybelse Drie-eenheidsleer uiters belangrik is om God, verlossing en die voortgesette werk van God in gelowiges se lewens te verstaan. Terselfdertyd is daar ware volgelinge van Christus, wat nie saamstem nie. Dit is belangrik om te onthou dat ons nie gered word deur perfekte doktrines na te volg nie. Ons word gered deur in ons volmaakte Verlosser te glo (Joh 3:16). Moet ons glo in sommige aspekte van Drie-eenheidsleer om verlos te word? Ja. Moet ons ten volle saamstem met al die aspekte van Drie-eenheidsleer om gered te word? Nee.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Drie-eenheidsleer? Is dit Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries