settings icon
share icon
Vraag

Wat is dualisme?

Antwoord


In teologie word die konsep van dualisme gesien as bestaande uit twee aparte entiteite – goed en kwaad (boos) – wat beide ewe kragtig is. In “Christelike” dualisme verteenwoordig God die goeie en Satan die bose.

Die waarheid is egter dat alhoewel Satan mag het, hy nie met die Almagtige God gelykstaan nie, aangesien hy deur God geskep is as ‘n engel, voordat hy gerebelleer het (Jes 14:12-15; Eseg 28:13-17). Die Skrif sê: “Julle behoort aan God, liewe kinders en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is” (1 Joh 4:4). Volgens die Skrif is daar geen dualisme nie, geen opponerende magte van goed en kwaad met gelyke kragte nie. Die bose wat deur Satan verteenwoordig word, is ‘n swakker krag wat nie opweeg teen die goeie nie. Die kwade sal elke keer oorwin word, waar dit kop aan kop met die goeie bots, aangesien God Almagtig, die wese van dit wat goed is, almagtig is, terwyl die bose, verteenwoordig deur Satan, nie is nie.

Indien enige doktrine goed en kwaad as twee opponerende kragte uitbeeld, weerspreek daardie lering die skriftuurlike standpunt dat goed, verteenwoordig deur God die Almagtige, die dominante mag in die heelal is. Aangesien Satan nooit gelyk aan God was nie en nooit sal wees nie, is enige doktrine wat beweer dat hy is, ‘n valse lering. Die feit dat Satan uit die hemel gewerp is, omdat hy homself hoër as God geag het, beteken nie dat Satan opgegee het om te probeer om aan God gelyk te wees of superieur aan God te wil wees nie. Die basiese beginsels van dualisme getuig daarvan en dit kom hoofsaaklik uit die filosofiese stam van die menslike wysheid.

Daar kan geen dualisme in enige hoek van ons heelal bestaan nie. Daar is slegs een mag wat alles oortref en dit is God Almagtig, soos aan ons in die Bybel geopenbaar. Na aanleiding van die skriftuurlike bewyse, is daar net een mag wat alomteenwoordig is, nie twee nie. Dus enige lering of dualisme wat beweer dat daar twee gelyke magte is wat mekaar opponeer (goed en kwaad), is ‘n valse lering. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is dualisme?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries