settings icon
share icon
Vraag

Wat gaan gebeur volgens eindtyd profesie?

Antwoord


Die Bybel het baie te sê oor eindtyd. Amper elke boek in die Bybel het ‘n profesie aangaande die eindtyd. Dit is moeilik om al hierdie profesieë te rangskik en dan te bespreek. Vervolgens is ‘n oorsig en samevatting van wat die Bybel ons vertel van eindtyd.

Christus sal alle wedergebore gelowiges van die aarde verwyder, hierdie gebeurtenis word die wegraping genoem (1 Tessalonissense 4:13-18; 1 Korintiërs 15:51-54). Tydens die oordeels-sitting van Christus sal hierdie gelowiges of vergoed word vir hul getroue diens of party sal hul beloning verloor (maar nie hul redding nie). Die oordeels maatstaf sal wees vir goeie werk en getroue diens of vir die onvermoë aan goeie diens en ook ongehoorsaamheid (1 Korintiërs 3:11-15; 2 Korintiërs 5:10).

Die Antichris (die draak) sal in beheer kom en ‘n ooreenkoms sluit met Israel vir sewe jaar (Daniel 9:27). Hierdie sewe jaar periode staan bekend as die “tribulasie” of verdrukking. Tydens die tribulasie sal daar verskriklike oorloë wees, hongersnood, plae en natuurlike rampe. God sal Sy toorn uitstort teenoor sonde, euwel en goddeloosheid. Die tribulasie sluit in die verskyning van die vier ruiters van Openbaring (Apocalypse), die sewe seëls, die trompet en die bak oordeling.

Min of meer deur die sewe jaar sal die Antichris die vredes ooreenkoms met Israel verbreek en oorlog voer teen Israel. Die Antichris sal “die gruwel vir God” oprig en ‘n beeld van homself stig, in die tempel van Jerusalem, wat dan aanbid moet word (Daniel 9:27; 2 Tessalonissense 2:3-10), hierdie tempel is die een wat nog herbou moet word (die tempel van God). Die twede helfte van die tribulasie periode word geken as “die groot tribulasie” (Openbaring 7:14) en “die tyd van Jakob se probleme” (Jeremia 30:7).

Teen die einde van die sewe-jaar tribulasie sal die Antichris sy finale aanval teenoor Jerusalem loods wat dan ontwikkel in die oorlog van Armageddon. Jesus Christus sal terugkeer en die Antichris, asook sy magte, verwoes en hulle in die vuurpoel werp (Openbaring 19:11-21). Christus sal Satan dan bind in die onderaardse diepte vir 1000 jaar en dan sal Jesus Sy aardse koningkryk regeer vir hierdie tydperk (Openbaring 20:1-6).

Teen die einde van die een duisend jaar sal Satan losgemaak word en verslaan word en dan in die poel van vuur en swael gegooi word (Openbaring 20:7-10) vir altyd. Christus sal dan alle ongelowiges oordeel (Openbaring 20:10-15) tydens die groot wit troon oordeel en hulle almal in die poel van vuur en swael gooi. Christus sal dan die nuwe hemel en aarde en Jerusalem inwei – die verblyf plek waar alle gelowiges sal bly. Daar sal geen meer sonde, smart of dood wees nie (Openbaring 21-22).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat gaan gebeur volgens eindtyd profesie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries