settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verband tussen gebed en vas?

Antwoord


Alhoewel die verband tussen gebed en vas nie spesifiek in die Skrif verduidelik word nie, is daar ‘n algemene draad wat die twee verbind en deur al die voorbeelde van gebed en vas wat in die Bybel voorkom, loop. In die Ou Testament lyk dit asof vas met gebed te doen het, ‘n gevoel van behoefte en afhanklikheid en/of van verworpe hulpeloosheid, wanneer wesenlike of verwagte rampe in die gesig gestaar word. Gebed en vas is in die Ou Testament met mekaar verbind ten tye van berou, belydenis en/of diep geestelike nood.

In die eerste hoofstuk van Nehemia beskryf hy gebed en vas, as gevolg van sy diepe ontsteltenis oor die nuus dat Jerusalem verwoes is. Sy baie dae van gebed word gekenmerk deur trane, vas, belydenis ten opsigte van sy volk en hy pleit by God om genade. Sy pleitrede was so intens, dat dit feitlik ondenkbaar is dat hy ‘n breuk tussenin kon neem om te eet en te drink. Die verwoesting van Jerusalem het Daniël ook daartoe gedring om dieselfde posisie in te neem: “Daarom het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking; ek het gevas, rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.” Soos Nehemia het Daniël gevas en gebid dat God sy mense genadig sou wees, “Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en het nie gelewe volgens U gebooie en U bepalings nie” (v 5).

In verskeie voorvalle in die Ou Testament is vas gekoppel aan intersessie-gebed. Dawid het gebid en gevas vir sy siek kind (2 Sam 12:16), voor die Here gehuil tydens ernstige intersessie (vv 21-22). Ester het Mordegai en die Jode aangespoor om vir haar te vas, toe sy beplan het om voor haar man, die koning te verskyn (Ester 4:16). Dit is duidelik dat vas en smeking nou aan mekaar gekoppel is.

In die Nuwe Testament is daar voorbeelde van vas en gebed, maar dit is nie gekoppel aan belydenis en bieg nie. Die profetes Anna “het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid” (Luk 2:37). Op die ouderdom van 84 was gebed en vas deel van haar tempeldiens aan die Here in Sy tempel, terwyl sy die beloofde Verlosser van Israel verwag het. Ook in die Nuwe Testament het die kerk van Antiogië gevas ten opsigte van hul aanbidding, toe die Heilige Gees met hulle oor Saulus en Barnabas se bemagtiging, om die werk van die Here te doen, gepraat het. Op daardie stadium het hulle gebid en gevas, die twee manne die hande opgelê en hulle gestuur. Ons sien dus hierdie voorbeelde van gebed en vas as komponente van aanbidding tot die Here en om Sy guns te soek. Nêrens egter is daar enige aanduiding dat die Here gebede beter beantwoord, as hul gepaardgaan met vas nie. Dit is eerder so dat gebed en vas tesame dui op die erns van die bidders en die kritieke aard van die situasies waarin hulle hulself bevind.

Een ding is duidelik: Die teologie van vas, is ‘n teologie van prioriteite, waar gelowiges die geleentheid gegun word om hulself in ‘n onverdeelde en intense toewyding teenoor die Here en die geestelike lewe uit te druk. Hierdie toewyding word uitgedruk deur vir ‘n kort tyd af te sien van normale en goeie dinge soos voedsel en drank en sodoende onverstoorde gemeenskapstyd saam met ons Vader geniet. “Ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom” (Heb 10:19): dus, om te vas of nie te vas nie, is die bloed die beste deel van dit wat aan ons behoort in Christus. Gebed en vas moet nie ‘n las of ‘n plig wees nie, maar eerder ‘n viering van God se goedheid en genade vir Sy kinders. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verband tussen gebed en vas?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries