settings icon
share icon
Vraag

Wat is gebedswandeling? Is dit Bybels?

Antwoord


Gebedswandeling is die praktyk van om op ‘n sekere plek te bid, ‘n tipe intersessie-gebed wat dan deur te stap na ‘n nabye, spesifieke plek vir gebed, insluit. Sommige mense glo dat so ‘n plek hul die ruimte bied om duideliker en beter te bid, indien hulle naby ‘n sekere plek is. Sulke roetes word onderneem deur individue, groepe en selfs kerke. Dit kan so kort as ‘n blok of so ver as baie kilometers wees. Die idee is om die vyf sintuie – gesig, gehoor, ruik, proe en gevoel – te gebruik om sodoende die intersessor se begrip van gebed uit te brei.

As jy byvoorbeeld deur jou woonbuurt loop en kyk na dinge om oor te bid, kan jy dalk op ‘n plek afkom, wat uiters slordig en verwaarloos is. Dit kan jou daartoe lei om vir die gesondheid, beide fisies en geestelik, te bid of vir die inwoners daar. Sommige groepe loop rondom skole en bid vir die leerders en onderwysers daar binne, vir hul veiligheid en vrede en dat die aanvalle van die duiwel gestuit moet word. Sommige mense voel dat hulle beter kan konsentreer en hul gebede meer effektief kan maak, indien hulle nader aan die mense en plekke beweeg.

Gebedswandeling is betreklik nuut en die oorsprong is nie duidelik nie. In die Bybel is nie sulke voorbeelde nie, alhoewel om te loop, die belangrikste vorm van vervoer in die Bybelse tye was, mense dus definitief terselfdertyd geloop en bid het. Tog is daar geen direkte opdrag dat ons dit moet doen nie. Om te glo dat gebed in ‘n spesifieke posisie of houding meer effektief is as andersins, is nie volgens die Bybel nie. Daarmee saam, indien ons voel dit is nodig om naby ‘n plek of situasie te bid en sodoende duideliker te bid, sal ons Hemelse Vader, wat alomteenwoordig is, presies weet wat ons behoeftes op daardie oomblik is en sal Hy hul op Sy perfekte tyd en wil beantwoord. Die feit dat Hy ons toelaat om deel te vorm van Sy planne, deurdat ons bid, is tot ons voordeel en nie Syne nie.

Ons het die opdrag gekry “Bid gedurig” (1 Tess 5:17) en aangesien stap ‘n daaglikse ding is, is aanhoudende gebed sekerlik deel van loop en bid. God hoor alle gebede van diegene wat in Christus bly (Joh 15:7), ongeag tyd, plek of posisie. Terselfdertyd is daar sekerlik geen bevel teen stap en bid nie en enigiets wat ons aanspoor om te bid, is waardig om in ag geneem te word. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is gebedswandeling? Is dit Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries