settings icon
share icon
Vraag

Hoe weet ek wat my geestelike gawes is?

Antwoord


Daar is geen spesifieke formule of definisie wat kan bepaal wat ons gawes is nie. Die Heilige Gees versprei en voorsien die gawes soos Hy dit goed vind (1 Korintieërs 12:7-11). ‘n Algemene probleem met Christene is dat ons so vasgevang word in geestelike gawes dat ons dan net wil aandag gee in die area van ons eie geestelike gawes. Dit is nie hoe geestelike gawes moet werk nie. God vra dat ons Hom in alle maniere dien. God rus ons toe met watter gawe ons ookal nodig het om die taak wat Hy vir ons bestem het, te laat gebeur.

Om te bepaal wat ons geestelike gawes is kan op verskillende maniere gebeur. Geestelike toetse, wat net as ‘n indikasie dien, kan wel help om te verstaan wat ons gawes miskien kan wees. Mense kan dan ook ons gawes waarneem of selfs bevestig. Dit kan ook gebeur dat mense ons gawes heeltamal miskyk of as vanselfsprekend aanvaar en sodoende gaan dit verlore en word dit nie benut nie. Die een persoon wat presies weet wat ons geestelike gawe is, is die gawe-gewer Homself – die Heilige Gees. Daarom moet ons God vra om ons gawes aan ons te wys, sodat ons Hom beter te kan dien en aan Hom die eer betoon (vir ons gawes).

Ja, God roep mense om te leer en gee dan vir hulle die gawe van onderrig. God roep party om te dien en gee hulle die gawe te kan dien. Om te weet wat ons geestelike gawe is moet ons nie weerhou om God ook in ander areas te dien nie. Is dit ‘n voordeel om te weet watter gawes ons het? Ja natuurlik! Is dit verkeerd om al ons fokus te plaas net op ons eie gawes? Ja. As ons werklik toegewyd is om God te dien, sal Hy ons toerus met al die geestesgawes wat ons ook al nodig het om Hom die beste te dien.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe weet ek wat my geestelike gawes is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries