settings icon
share icon
Vraag

Wat is geestelike groei?

Antwoord


Geestelike groei is die proses waar iemand meer en meer soos Jesus Christus word. Wanneer ons, ons geloof in Jesus plaas begin die Heilige Gees die proses om ons te verander soos Jesus, ons word verander na Sy beeld. Geestelike groei word baie mooi in 2 Petrus 1:3-8 verduidelik, hierdie gedeelte vertel ons dat deur God se krag het ons “alles wat ons nodig het” om ‘n heilige lewe te lei, wat ook die doel is van geestelike groei. Neem kennis dat wat ons benodig, kom “deur ons kennis van Hom” en is die sleutel om te verkry wat nodig is om te groei. Ons kennis van Hom kom deur die Woord en gee aan ons edifikasie en groei.

In Galasiërs 5:19-23 is daar twee lyste. Verse 19-21 lys die “praktyke van die vlees”. Die dinge of aksies wat in hierdie verse gelys is wys van ons lewe voor ons gered is, voordat ons na Christus gekom het vir ons saligmaking. Die praktyke of aksies van die vlees is die dinge wat ons moet bely en berou, dan met God se hulp sal ons dit te bowe kan kom. Soos ons geestelike groei ervaar sal daar al hoe minder dinge van die vlees wees. Die twede lys is “die vrugte van die Gees” (verse 22-23). Hierdie vrugte is ons kenmerke wanneer ons redding verkry deur Jesus Christus. Geestelike groei word gekenmerk deur die vrugte van die Gees wat al hoe meer in die lewe van gelowiges waargeneem word.

Wanneer die verandering na redding plaasvind, begin geestelike groei. Die Heilige Gees woon in ons (Johannes 14:16-17). Ons word nuwe skeppings in Christus (2 Korintiërs 5:17). Ons ou natuur word vervang deur ‘n nuwe natuur (Romeine 6-7). Geestelike groei is ‘n lewenslange proses en is gekoppel aan ons bestudering van God se Woord en die toepassing daarvan (2 Timoteus 3:16-17), ons volg of liewers, ons luister na die leiding van die Gees (Galasiërs 5:16-26). Soos ons geestelike groei nastreef moet ons tot God bid en vra vir wysheid in die areas waar Hy ons in wil laat groei. Ons vra ook vir God om ons geloof en kennis in Hom te laat groei. God wil hê dat ons geestelik moet groei en Hy gee alles wat ons nodig het om dit te bewerkstellig. Met die heilige Gees se hulp sal ons sondes oorkom en alhoemeer soos ons Verlosser, Jesus Christus word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is geestelike groei?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries