settings icon
share icon
Vraag

Indien ons geloof het in God beteken dit dat ons dan wetenskap weerspreek?

Antwoord


Wetenskap word gedefinieer as “obserwasie, identifikasie, beskrywing, ontleding, ondersoek en teoretiese verduideliking van waarneming”. Wetenskap is ‘n metode wat mens kan gebruik om die heelal beter te kan verstaan. Dit is die soeke na kennis deur obserwasie. Vordering in wetenskap wys hoe mens uitreik na logika en verbeelding. Maar ‘n Christen se geloof in wetenskap sal nooit dieselfde wees as geloof in God. ‘n Christen het geloof in God en het respek vir wetenskap, ons moet net altyd onthou wat is perfek en wat nie perfek is nie.

Ons oortuiging in God is ons oortuiging van ons geloof. Ons het geloof in Sy Seun vir ons redding, ons geloof in Sy Woord as ons intruksie en ons het geloof in die leiding van Sy Heilige Gees. Ons geloof in God moet absoluut wees omrede ons, ons geloof in God plaas, ons vertrou op ‘n perfekte, alwetende, alomteenwoordige Skepper. Ons geloof in wetenskap is slegs intelektueel en niks meer as net dit nie. Ons reken op wetenskap om uitstaande en besondere dinge te doen, maar ons besef wetenskap kan ook foute maak. Indien ons, ons geloof slegs in wetenskap plaas is dit verkeerd want dit is beperk tot die menslike vermoë. Ons moet onthou dat wetenskap al in die verlede verkeerd bewys was oor baie dinge, soos byvoorbeeld die vorm van die aarde, die moontlikheid van vliegtuie, vaksineering (in-ent), bloed oortapings en selfs geboorte. Maar dit moet ons onthou God is nooit ooit verkeerd nie.

Waarheid is nie iets om voor bang te wees nie, so daar is geen rede vir ‘n Christen in enige vrees of angs teenoor wetenskap te hê nie. Om meer te leer hoe God die heelal geskep het help ons om hierdie wonder te waardeer. Dit is goed om ons kennis uit te breiwant dit help ons om siektes te bekamp, om ongeloof (in God) teen te stry asook om misverstade uit die weg te ruim. Maar, daar is ‘n gevaar wanneer wetenskaplikes hulle blind staar teen menslike logika en God verwerp. Hierdie tiepe mense verskil van gelowiges omrede hulle die geloof in mens bo geloof in God plaas en hulle soek na feite om hierdie “geloof” van hulle te bewys.

Maar die meeste rationele wetenskaplikes, selfs die wat God verwerp het, erken dat hulle nie die heelal kan verstaan en verduidelik nie. Hulle sê God en die Bybel kan nie bewys word nie, maar hulle sê dan terselfde tyd dat die teendeel ook nie kan bewys word nie. Net so kan hul baie van hul teorië bewys. Wetenskap behoort neutraal en onafhanklik te wees wat na die waarheid soek sonder enige alternatiewe agenda.

Wetenskap ondersteun wel die werklikheid en werk van God. Psalm 19:1 vertel ons, “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend”. Soos moderne wetenskap meer uitvind oor die heelal sien ons al hoe meer bewyse van skepping (deur God). Soos byvoorbeeld DNA wat baie kompleks en verhewe is bo ons verstand, die wette van fisika en die harmonie wat bestaan tussen toestande (op die aarde) en chemika ondersteun die Bybel. ‘n Christen moet daardie wetenskap aanvaar wat die waarheid ondersoek, maar moet die teorië van sekere “priesters van wetenskap” verwerp, dit is daardie weternskalikes wat hulself bo God plaas.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Indien ons geloof het in God beteken dit dat ons dan wetenskap weerspreek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries